Stappers help Reho se mense

Boet Matthews
’n Ongekende opgewondenheid heers weer onder lede van die St. Vincent de Paul kerkgroep op Rehoboth om komende Saterdag hul eerste “Walk for the Poor” aan te bied, met die St. Joseph-sportgronde as begin- en eindpunt.

Deelnemers sal om agtuur bymekaar kom en 09:00 klap die skoot vir die wegspring. ’n Vol program word aangebied vir deelnemers wat vir net N$50 kan inskryf om saam te stap of fiets te ry.

Die organiseerders wil ná ’n stilte van sowat twee jaar weens Covid-19 graag weer op dié manier vele harte van minder gegoedes met geskenkpakkies bly maak.

Die nuwe voorsitter, Shirley Dausas, is oortuig dat goeie samewerking deur die kerklui van Heilige Hart van Jesus asook borgskappe deur individue en maatskappye die dag ’n groot mylpaal kan maak.

“Ons hou hierdie spesiale dag om kos en klere aan die armes te skenk. “Ek sê by voorbaat dankie vir diegene wat hul hande diep in die sakke steek. Die Walk for the Poor pretdag is ook ’n geleentheid om die Fransman, Frederic Ozanam, te gedenk wat op 23 April 1833 in Parys die St. Vincent de Paul organisasie gestig het, spesifiek om die armes te ondersteun.

“Vandag kan ons terugkyk en dankie sê aan ’n Katolieke priester wie se insette gesorg het dat die internasionale organisasie wêreldwyd erken word. Ek wil namens die groep hulde bring aan hulle wat hierdie organisasie gestig het en al ons kerklede en familielede wat nie meer met ons is nie.”

Intussen het die vroue van St. Anne – nog ’n organisasie van die Heilige Hart van Jesus kerkgroep op die dorp – Maandag met hul jaarlikse skenkingsweek begin om sop, klere en komberse in verskeie buurte van Rehoboth te versprei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!