Starlile teen Chula Chula die een wat almal wil sien
Sokker
Met nog tien slapies oor maak die negende Dr. Hage Geingob-sokkerbeker reeds groot opslae.
Die gewilde sensasie van die noorde, Eeshoke Chula Chula van Helao Nafidi, is soos algemeen verwag die publiek se aangewese keuse as opponent om op 18 November teen African Stars, die verdedigende Debmarine Premierliga-titelhouer, vir die MTC Dr. Hage Geingob-beker by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek te staan te kom.
Chula Chula is die groentjie in sy eerste seisoen van premierligasokker, wat egter reeds met sy groot toeskouergetalle en stewige vordering verseker het dat elke ware Namibiese sokkergeesdriftige reeds van hulle kennis geneem het.
Organiseerders het gister bevestig dat Chula Chula verreweg die meeste stemme in ’n SMS-kompetisie gekry het om op 18 November teen African Stars te speel.
Veertien klubs kon gesamentlik net 13 526 stemme op hulle verenig, waarvan Chula Chula 11 217 regmerkies getrek het (82.9%).
Die ander klubs het so gevaar: Blue Waters van Walvisbaai (9 658), Civics van Windhoek (229), FC Ongos van Katutura (206), Julinho Sporting van Rundu (435), Khomas Nampol (1 740), Life Fighters van Otjiwarongo (127), Mighty Gunners van Otjiwarongo (183), Okahandja United (85), Okakarara Young Warriors (200), Orlando Pirates van Katutura (172), Tigers van Windhoek (354), Unam van Windhoek (83), Young African van Gobabis (37) en Young Brazilians van Karasburg (17).
Hoewel African Stars ’n glorieryke geskiedenis het en die noordespan uit die eersteliga bevorder is en nog sy eie getuigskrif moet skryf, het Chula Chula reeds bewys dat hy vreesloos vir enige NPL-opposisie is.
OPGEWEEG
Die noordespan se verdediging was een van sy mees indrukwekkende aspekte sover – deur net sewe doele in nege wedstryde af te staan. Hulle het reeds oorwinnings teen Mighty Gunners (2-1), Civics (2-0), Orlando Pirates (1-0) en Young African (2-1) behaal, benewens gelykopuitslae teen African Stars (1-1), Tigers (1-1) en Life Fighters (1-1).
Chula Chula se enigste glipse sover was beide met tellings van 0-1, teen Julinho Sporting en FC Ongos.
African Stars se NPL-seisoen word aangedryf deur Willy Stephanus se akkuraatheid om doelkanse af te rond. Die veteraan wat deesdae as ’n aanvallende middelveldspeler gebruik word, is die liga se toonaangewende doelskieter. Hy het Sondag sy tweede driekuns van die seisoen behaal, met drie treffers in die oorwinning van 4-2 teen Okakarara Young Warriors.
Die NPL se drie toonaangewende spanne tans, ná nege wedstryde elk, is FC Ongos (22 punte), Khomas Nampol (21) en African Stars (20). Vierde is Blue Waters (18) en vyfde Chula Chula (15).
OPWINDENDE PROGRAM
Die ander vertoonwedstryde wat op die program van die Dr. Hage Geingob-beker ingesluit is, sluit in die jongspanne MTC Hopsol 1 teen MTC Hopsol 2.
Ongos Ladies, die verdedigende kampioenklub in die FNB Superliga vir vroue, sal teen Girls & Goals, die naaswenner van die vorige seisoen, te staan kom.
Die ou kroks-herontmoeting tussen die Namibië 1998-legendes teen die uitgetrede Bafana Bafana-spelers van Suid-Afrika maak ook reeds op sigself belangstelling gaande, met groot name aan beide kante.
Kaartjies kos N$20 vir die Dr. Hage Geingob-beker skouspel, met die opbrengs wat regstreeks aan die Tafel Lager Brave Warriors vir hul komende Afcon-veldtog in Januarie geskenk sal word. Die kaartjies kan vroegtydig via webtickets gekoop word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie