Sterk Kiwi-span wag in Toulouse
WB-rugby
Namibië en Nieu-Seeland se spanne is bekend vir hul botsing by die derde opeenvolgende WB-toernooi
Die 34-jarige slot Sam Whitelock sal Richie McCaw se rekord ewenaar as die All Black wat in die meeste toetse gespeel het, met 148, nadat Nieu-Seeland se hoofafrigter Ian Foster sy 23-tal vir die Wêreldbekertoets teen Namibië in Toulouse aangekondig het.
Die All Blacks het nege veranderinge aan die beginspan aangebring ná die openingsnederlaag met 13-27 teen Frankryk laas naweek, wat die land se eerste blaps in ’n Wêreldbeker-groepwedstryd was.
Net Nepo Laulala, Sam Whitelock, Dalton Papali’i, Ardie Savea, Beauden Barrett en Anton Lienert-Brown behou hul plekke.
Wanneer Sam Whitelock die rekord van McCaw ewenaar, is die enigste meer ervare speler in die geskiedenis Alun Wyn Jones (171 toetse vir Wallis en die Britse en Ierse Leeus).
In sy 21ste Wêreldbeker-toets sal Whitelock na dese ook net agter McCaw en Engeland se stut Jason Leonard (1991-2003) wees, wat op 22 elk die rekordgetal deel.
Damian McKenzie sal in sy 43ste toets vir die All Blacks sy Wêreldbeker-debuut maak. Hy is voor die 2019-toernooi in Japan weggelaat nadat hy daardie jaar ’n hakskeenbesering in Superrugby opgedoen het.
Die 22-jarige skrumskakel Cam Roigard is een van drie in die Kiwi’s se wedstrydgroep wat hul Wêreldbeker-buiging maak, saam met sy skakelmaat McKenzie en vleuel Caleb Clarke. Vanaf die bank is Aaron Smith en Richie Mo’unga in staat om ’n betekenisvolle impak te maak.
Ardie Savea is die enigste All Black wat elke van hul ses toetse hierdie seisoen begin en sover elke minuut gespeel het. Teen Frankryk het hy nie een duikslag gemis nie, terwyl die 15 verdedigende losskrums waaraan hy deelgeneem het, die meeste in die span was.
In sy 19de toets het Caleb Clarke nog een drie nodig om sy pa Eroni se toetsrekord vir die All Blacks te ewenaar. Eroni het tussen 1992 en 1998 ses drieë oor 10 toetse vir Nieu-Seeland gedruk, maar het nooit by ’n Wêreldbeker gespeel nie.
TERUGBLIK
Lienert-Brown was in 2019 die speler van die wedstryd, met twee drieë toe die swarttruie in Japan hul WB-wedstryd teen Namibië met 71-9 gewen het.
Vrydagaand se twee stutte in die beginspan, Ofa Tu’ungafasi en 3 Nepo Laulala, het vier jaar gelede in Tokio teen Namibië beide tien minute in die koelkas deurgebring.
Saam met Brodie Retallick en Whitelock (2019 se slotpaar), Aaron Smith (skrumskakel), Dane Coles en Ardie Savea was die bogenoemde drietal die enigste spanlede wat vier jaar later weer teen Namibië ingespan word.
Johan Deysel se span was destyds vir sowat 35-40 minute nog stewig geplaas, maar die Kiwi’s het op tipies skouspelagtige wyse hul vernuf uitgestal om binne ’n kort periode selfs die vlak 1-rugbylande skaam te speel.
Die All Blacks het uiteindelik elf drieë gedruk, deur 47-0 ná rustyd op te stapel, nadat Namibië met drie vroeë strafdoele deur Damian Stevens die telling in ’n stadium tot 10-9 beperk het.
By 2015 Wêreldbeker in Londen se Olimpiese Stadion was Jacques Burger kaptein van die Namibiese span wat die uitslag teen die All Blacks tot 56-14 beperk het (rustyd 34-6), met Deysel se drie en nege skoppunte deur losskakel Theuns Kotzé.
Die All Blacks: 1 Ofa Tu’ungafasi, 2 Samisoni Taukei’aho, 3 Nepo Laulala, 4 Brodie Retallick, 5 Samuel Whitelock, 6 Luke Jacobson, 7 Dalton Papali’i, 8 Ardie Savea (kaptein), 9 Cam Roigard, 10 Damian McKenzie, 11 Leicester Fainga’anuku, 12 David Havili, 13 Anton Lienert-Brown, 14 Caleb Clarke, 15 Beauden Barrett.
Reserwes: Dane Coles, Ethan de Groot, Fletcher Newell, Scott Barrett, Tupou Vaa’i, Aaron Smith, Richie Mo’unga, Rieko Ioane.
NAMIBIË
In Namibië se span wat net voor druktyd bekend gemaak is, maak Cliven Loubser sy terugkeer as heelagter, met Divan Rossouw wat na vleuel verskuif, terwyl Le Roux Malan op binnesenter in die plek van Danco Burger speel.
Afrigter Allister Coetzee, wat heelwat rotasie ingespan het, het op die bank ses voorspelers en twee agterspelers gekies.
Namibië: 1 Jason Benade, 2 Torsten van Jaarsveld, 3 Aranos Coetzee, 4 Johan Retief, 5 Tjiuee Uanivi, 6 Wian Conradie, 7 Prince !Gaoseb, 8 Richard Hardwick, 9 Damian Stevens, 10 Tiaan Swanepoel, 11 Divan Rossouw, 12 Le Roux Malan, 13 Johan Deysel (kaptein), 14 Gerswin Mouton, 15 Cliven Loubser.
Reserwes: Louis van der Westhuizen, Desiderius Sethie, Haitembu Shikufa, Pieter-Jan van Lill, Adriaan Booysen, Max Katjijeko, Jacques Theron, JC Greyling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie