Stoeiers by Rawsonville gemeet

Stoei
'n Tradisieryke toernooi in die Wes-Kaap lê vir die Namibiërs voor.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Stoeivereniging het gister sy span aangekondig wat môre in die Wes-Kaap aan een van Suid-Afrika se groot kompetisies deelneem.

Die Namibiërs, gekies uit drie klubs in die hoofstad, sal in Rawsonville hul staal teen drie provinsiale spanne by die SA Kusstreekkampioenskap toon.

Die 23 atlete is van Windhoek-stoeiklub, After School-stoeiklub in Katutura en Roots-gimnasium.

Altesame 15 gewigsklasse word aangebied en die dinamiese spannetjie vaardige vrystylstoeiers sal vanaf onder 24 kg tot onder 92 kg teen die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie en Boland kragte meet.

Die stoeiers word deur Charl van der Merwe (afrigter), Stephan le Roux (spanbestuurder) en Lafras Uys (skeidsregter) van Windhoek-stoeiklub vergesel.

Die ervare Luis Forcelledo Paz (afrigter) van After School-stoeiklub en Sem Shilimela (afrigter) van Roots versterk die afrigtingspan.

’n Intense kompetisie wag op al die stoeiers. Die inweegsessie om 09:00 en openingseremonie om 10:00 is bloot die aanloop voor die begin van die tradisieryke byeenkoms met jare se geskiedenis.

Die Stoeivereniging sê in sy verklaring: “Ons bedank graag die volgende borge vir hul ondersteuning wat die stoeiers se deelname moontlik maak. Baie dankie aan Millennium Investments, Emcon Consulting Engineers & Smart Pave Namibia, Roots Gimnasium, Padlangs Padstal Mariental asook die bestuur en ouers van Windhoek-stoeiklub.

“Ons spreek ons vertroue uit dat die toegewyde pogings van die stoeiers onder leiding van bekwame afrigters en bestuur Namibië sal trots maak. Ons glo in ons stoeiers se vermoëns om op die hoogste vlak mee te ding, medaljes huis toe te bring wat die talent en gees van Namibië sal ten toon stel.”

Die span is:

Caleb Grimbeeck en Harold Erasmus (o.24 kg) / Granville Swarts en Charl Milan van der Merwe (o.27 kg) / Francois le Roux en Arno Rossouw (o.30 kg) / Dian Kotze en Werner Klein (o.33 kg) / Emil Gresse en Friedrich Simon (o.36 kg) / Lafrens Engelbrecht (o.39 kg) / Henrico Durand (o.42 kg) / Paulus Alweendo en Charlo Dreyer (o.45 kg) / Teo Seveleni en Stefanovic Stefanus (o.50 kg) / Cliff Nguatjiti (o.55 kg) / Lazerus Haimbodi en Lukas Salom (o.60 kg) / Dian Delport en Christian Stassen (o.66 kg) / Brendt Kriessbach (o.72 kg).

Pieter Lafras Uys (o.92 kg).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!