Stoffberg lei vroue na Wêreldbeker
Hokkie
Die Namibiese Hokkie-unie het gister met trots sy vrouespan aangekondig wat die land vanaf 24 Januarie in Oman se hoofstad Moeskat in die geskiedkundige eerste weergawe van die Vyf-aan-’n-kant Wêreldbeker gaan meeding.
Afrigter Sedtric Makati se span, met die ervare doelwagter Petro Stoffberg as kaptein, is in groep C saam met Indië, Pole en die VSA geplaas.
Hul groepwedstryde is op 24 Januarie teen die Amerikaners (10:10) en dieselfde namiddag teen Pole (16:50). Die volgende oggende om elfuur wag die wedstryd teen Indië. Die kwarteindstryde en uitspeelwedstryde vir finale posisies volg daarna.
Sestien lande ding in die vrouetoernooi mee. Groep A bestaan uit Fidji, Maleisië en Nederland. Groep B word deur Australië, Suid-Afrika, Oekraïne en Zambië gevul en die mededingers in groep D is Nieu-Seeland, Paraguay, Thailand en Uruguay.
In Desember 2022 in Ismailia, Egipte, het die Namibiese vroue boaan die kontinentale uitduntoernooi ter kwalifisering vir die Wêreldbeker geëindig.
Die vroue, toe nog onder afrigterskap van Erwin Handura, het een wedstryd teen Kenia verloor (2-4), maar het al hul ander wedstryde teen Egipte (5-1), Suid-Afrika (3-2), Zambië (4-2) asook die finaal teen Zambië (2-1) gewen.
Tara Myburgh (4), Jivanka Kruger en Charlize Rix (drie elk) was Namibië se voorste doelskieters in die kwalifiserende toernooi.
Die Namibiese vrouespan na die Wêreldbeker:
Petro Stoffberg (27 jaar, doelwagter en kaptein, DTS)
Jamie Henckert (19, doelwagter, Saints)
Sunelle Ludwig (25, DTS)
Charlize Rix (22, Wanderers)
Jahntwa Kruger (23, Windhoek Old Boys)
Anthea Coetzee (19, DTS)
Jivanka Kruger (26, Windhoek Old Boys)
Tara Myburgh (22, Saints)
Azaylee Philander (20, Saints)
Jerrica Bartlett (33, Saints)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie