Stoffberg lei vrouespan met Olimpiese droom
Veldhokkie
Die nuwe era ná Maggy Mengo se jarelange kapteinskap begin met 'n toernooi teen gedugte Afrika-opposisie.
Die ervare doelwagter Petro Stoffberg is as kaptein van die Namibiese veldhokkievrouespan aangewys vir die komende uitdaging om vir die 2024 Parys Olimpiese Spele te kwalifiseer.
Die Namibiërs sal vanaf Sondag aan die kontinentale Afrika-toernooi in Pretoria deelneem. Hul openingswedstryd sal Sondag om 08:00 teen Ghana wees.
Maandag is hul tweede groep B-wedstryd teen Zambië (08:00). Ná een rusdag sal hul laaste groepteenstander Kenia (Woensdag om 12:00) wees.
Groep A bestaan uit net drie spanne, naamlik Nigerië, Zimbabwe en die gasheer en gunsteling Suid-Afrika. ’n Enkele plek na die Olimpiese Spele is waarvoor almal speel.
Die 27-jarige Stoffberg word Namibië se eerste veldhokkievrouekaptein ná die uittrede van Maggy Mengo in Februarie vanjaar, nadat laasgenoemde sedert 1999 vir die nasionale spanne gespeel het.
Die waarnemende afrigtingspan van Sedtric Makati en Maryke Short sal die span vergesel.
Met vier nuwelinge en teen gedugte opposisie gaan Olimpiese kwalifisering allesbehalwe maklik wees.
Die Namibiese Hokkie-unie het Melissa Gillies in Augustus as afrigter van die vroueveldhokkiespan aangestel, nadat Erwin Handura bedank het en die pos geadverteer was.
Gillies was betrokke by die aanvanklike spankeuse, maar ’n dispuut het ontstaan nadat die NHU ’n besluit aangekondig het dat spelers onder 18 nie vir die Olimpiese kwalifiserende toernooi in aanmerking moet kom nie en onttrek moet word. Gillies het gevolglik haar bedanking ingedien.
Uit die aanvanklik gekose span het Marcia Venter, Caitlin Gillies en Jaime Gillies weens eksamenverpligtinge onttrek, terwyl Azaylee Philander deur ’n beenspierbesering tydens die skoleliga uitgeskakel is.
Die NHU se visepresident vir die vrouespel, Marietta Stoffberg, het gesê die werkslading op topspelers wat oorweeg word vir nasionale diens in binnenshuise hokkie, veldhokkie of vyf-aan-’n-kant kan nogal ’n faktor word weens die druk skedule.
“Hierdie feit was ’n oorweging in die besluit om van die beskikbare diepte in die senior klubgeledere gebruik te maak.
“Ons was inderdaad nogal verbaas deur die vlak van diepte nadat ons besluit het om nie o.18-spelers by hierdie toer in te sluit nie,” het Stoffberg gesê.
Die Namibiese vrouespan: Petro Stoffberg (kaptein, doelwagter), Jamie Henckert (doelwagter), Sunelle Ludwig, Nangula Iyemba, Emilia Kashopolo, Tisha Semedo, Anthea Coetzee, Xena Martins, Jerrica Bartlett, Gillian Hermanus, Charlize Rix, Britta Haensel, Vanessa Schoeman, Jahntwa Kruger, Jivanka Kruger, Adore Meyer, Anri Els, Tara Myburgh.
MANS AFWESIG
Die Namibiese manspan sal afwesig wees by die Pretoria-toernooi om die Olimpiese veldhokkiekwalifisering te beslis.
Namibië se manne het deelname aan ’n verpligte Afrika-streektoernooi misgeloop op ’n tydstip toe die hooffokus was op voorbereiding vir die binnenshuise Wêreldbeker in Februarie, waar die afrigter Trevor Cormack se span die kwarteindronde gehaal het.
Die agt hoopvolle Olimpiese manskandidate in Pretoria is (groep A) Suid-Afrika, Nigerië, Zimbabwe en Uganda, asook (groep B) Egipte, Ghana, Kenia en Zambië.
• In binnenshuise hokkie begin beide die Namibiese mans en vroue se kwalifiserende reis na die 2025 Wêreldbeker egter ook reeds vroeg in November.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie