Stok in speke kan momentum stuit
Klubrugby
'n Kans vir die vyfde geplaaste FNB Rehoboth om boontoe te skuif, lê en wag in die noorde teen die onvoorspelbare FNB Grootfontein.
In die voorlaaste rondte van die Namibië Rugby-unie se 2023 premierliga is ses van die agt spanne in aksie en posisies in die topvier vir die halfeindstryde op 19 Augustus bly die hoogste prioriteit.
Geen van die voorste aanspraakmakers kan enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie en het heelwat om te verloor indien hulle môre op ’n piesangskil sou gly.
Titelhouer FNB Wanderers is die voorloper en enigste onoorwonne span. Hoewel hy redelik seker van ’n tuishalfeindstryd behoort te wees, het Trustco United by Gemsbokpark ’n appeltjie te skil met die aartsvyand wat hom in twee baie naelskraapse derbies (2022 en 2023) ’n kous oor die kop getrek het.
In hul oorwinning met 27-17 laas naweek in Khomasdal teen FNB Western Suburbs het Wanderers se senter DJ Holtzhausen skeef getrap en knieligamente beseer, wat hom buite rekening vir die wedstryd in Olympia maak. Afrigter Dirk Human sou eers gisteraand sy finale spankeuse afhandel.
In die geledere van die Filistyne keer Eloff du Plessis, gereelde kaptein en flank, terug as ’n plaasvervanger, nadat hy laas naweek ’n ruskans gegun is om van ’n ligte besering te herstel.
United se afrigter het ook Renier Benade en Hanreco van Zyl se truinommers omgeruil. Indien die blou truie vir lang tye dieselfde ritme as in hul laaste oorwinning teen FNB Reho Falcon (45-19) vind, kan hulle vir Wanderers die wêreld warm maak.
United eerste span: 15 Hanreco van Zyl, 14 Moranzel Strauss, 13 Jandre Esterhuyzen, 12 JD Nel (kaptein), 11 Christo Gresse, 10 Renier Benade, 9 Jahno du Plessis, 8 Dean Blom, 7 Thehard Lintvelt, 6 Feddy Mazila, 5 Hanno Husselman, 4 Zander Bronkhorst, 3 Johan Brockman, 2 Arnu Gouws, 1 Jano Otto.
Reserwes: Gerhard Thirion, Richter Steenkamp, Leon Mutonga, PJ Ilonga, Eloff du Plessis, Felix Humphries, Pierre Lambert.
• In die botsing op Walvisbaai tussen FNB Kudus (tweede met 49 punte) en FNB Unam (sesde met 29) sal die tuisspan met ’n oorwinning selfs weer boaan die puntelys kan wees indien Wanderers in Windhoek vasval.
Die Walvisbaaiers het hul laaste verskyning twee naweke gelede sewe drieë vir volpunte teen FNB Grootfontein ingeryg (52-31), met senter Justin Newman die enigste wat twee keer gaan druk het.
Kudus en Unam, beide terug in aksie ná ’n afnaweek, se kragmeting word môre regstreeks vanaf 15:15 gebeeldsend (op NTV op DStv of GoTV / https://oneuptwo.com / Facebook-bladsye van Republikein en Erongo).
• Tydens Western Suburbs se afnaweek kan FNB Rehoboth dalk die allerbelangrike vierde posisie by hom oorneem – maar dan moet die Rooi Bulle ’n wegwedstryd teen FNB Grootfontein gaan wen.
’n Klompie beserings het dié week die lewe bietjie moeilik gemaak, het Rehoboth se afrigter Gerald Loubser gister gesê. Boonop is die noordespan bestem om hul inspirerende kaptein Wikus Jacobs terug as haker of losvoorspeler te hê, nadat hy net-net die Namibiese toer na Uruguay misgeloop het.
• Puntestand, uitslae en wedstrydbepalings by www.fnbrugby.my.na/
SKOLERUGBY MôRE, Standard Bank NSSR o.19 Superliga
Op Tsumeb: Compack Tsumeb Gimnasium tn Schoemans Group Windhoek Gimnasium, 12:00.
By Affiespark: Autohaus Windhoek Affies v OK Foods Moria, 12:00 (regstreeks op NTV / https://oneuptwo.com / Facebook-bladsye van Republikein of My Zone / YouTube-kanaal van Namibia Media Holdings).
By FNB Vegkop (WHS): Samsung WHS tn Elnatan, 12:00.
Op Swakopmund: PSG Pro-Ed v PSG Walvisbaai Privaatskool, 12:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie