Straatvegter dalk op toer
e-Sport
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (NESA) het onlangs sy kampioene in ’n toernooi met die vegspeletjie Street Fighter 6 bekroon.
’n Inspirerende hoogtepunt was die aanwysing van Jannie Potgieter, ’n talentvolle Namibiër, om die land in die vegspeletjie Street Fighter 6 by komende wêreldtoernooie van die Global Esports Federation (GEF) te verteenwoordig.
Jannie se deelname sal by die aanlyn GEF Afrika-streektoernooi begin en indien hy hier sukses behaal, sal hy sy reis na die aansienryke Global E-sports Games in Riyadh, Saoedi-Arabië voortsit.
MTC Namibia, ’n vennoot van NESA, en die borge Logitech en Nanodog het ’n sleutelrol gespeel om die onlangse toernooi moontlik te maak. Hul steun dui op die groeiende waarde wat aan e-sport in Namibië geheg word.
Die toernooi is by NUST se MTC Innovation Centre by die HTTPS-gebou aangebied, wat vir entoesiaste van elektroniese sport ’n middelpunt is.
Die toernooiwenners het besondere vaardigheid en strategiese vermoëns uitgestal, met die toppryse ingeneem deur:
1 Andile Maphosa (Zimbabwiër)
2 Terence Braaf (Suid-Afrikaner)
3 Gerald Mugandani (Zimbabwiër)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie