Strawwe kompetisie voor RSA knoop deurhaak

Jukskei
Namibië Jukskei het ’n baie suksesvolle Namibiese Ope kampioenskap oor vyf dae in Swakopmund aangebied.

Jukskei Suid Afrika het met tien senior en vier junior spanne kom toer, saam met nog vier private spanne van die buurland.

Die koue en nat oggende het nie die spelers van stryk gebring om goeie jukskei te speel nie en die kompetisie in beide die A- en B-afdelings was sterk. Ná dag vyf se eindfluitjie was die uitslae soos volg:

1 SA veteraanmans bo sestig (180,5 punte), 2 SA senior mans (170.5), 3 SA o.30 mans (168.5).

B-afdeling: 1 Privaat Voetstoots (163 punte), 2 SA seuns o.19 (148.5), 3 SA seuns o.16 (145.5).

Op dag 5 is die onderskeie toetsspanne van SA en Namibië aangekondig om die Vrydag in die onderskeie afdelings mee te ding.

Die Vrydagoggend was sonder mistigheid en nattigheid en die spelers is met ’n warm ooswind sonder sand begroet. Die spelers het koelkop in die toetse gebly en is goeie jukskei gespeel en is die toetse in ’n goeie gesindheid afgehandel.

Die toetsuitslae:

Vroue bo vyftig: SA klop Namibië 8-7.

O.16 seuns SA klop Namibië o.16 seuns 10.5-4.5.

O.16 meisies SA klop Namibië o.16 meisies 8-7.

Mans bo vyftig: SA 7.5 Namibië 7.5 (gelykop).

Mans bo sestig: SA klop Namibië 13-2.

Vroue bo sestig: SA klop Namibië 12.5-2.5.

Mans o.30: Namibië wen SA 9.5-5.5.

Vroue o.30: SA klop Namibië Uitnodigingspan 10.5-4.5.

Senior mans: SA klop Namibië 8-7.

Senior vroue: Namibië klop SA 9.5-5.5.

O.19 seuns: SA klop Namibië o.19 Seuns 9.5-5.5.

O.19 meisies: SA klop Namibië o.19 meisies 8-7.

Namibië se onder 30-mans het ook die reeks teen die Suid-Afrikaners in Kroonstad gewen (16.5-13.5) en toe weer in Swakop.

Die Namibië veteraanvroue bo vyftig het die reeks met die SA gedeel (15-15).

By die senior vroue het Suid-Afrika die reeks met slegs een punt teen die Namibiërs gewen (15.5-14.5).

• Na afloop van die week en toetse is spanne van IJF (Internasionale Jukskeifederasie) gekies, waarin Namibië die volgende verteenwoordigers opgelewer het:

Erik Strauss: spanbestuurder by die mans.

Mans bo vyftig: Pierre van Zyl; Christie Horn (afrigter).

Vroue bo vyftig: Elmarie Horn.

Die Namibiërs het hulle goed van hul taak gekwyt gedurende die week en kan hier gebou word op die pad vorentoe en kan elkeen trots wees op die groep. Dit was ’n strawwe kompetisie en het die Namibiërs met trots uit die stryd getree en sien al klaar uit na die volgende toernooi.

Die Namibiese Jukskeiraad bedank graag elkeen wat bygedra het om hierdie toernooi ’n werklikheid en ’n sukses te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!