Strawwe Maanvalleiroete toets langasems
Padwedlope
Ottilie Aimwata en André Ross het Saterdagoggend die eerste SPAR Gondwana-maanvalleimarathon tussen Swakopmund en Rössmund gewen.
Die reis is die bestemming. Dit was die geval met vele van die 140 hardlopers wat aan die SPAR Gondwana-marathon in Swakopmund deelgeneem het. Die wedloop het by die Mole weggespring.
In die vroeë Saterdagoggendure het die uitdagende roete die hardlopers tot in die Namibwoestyn en die ruwe, maar fassinerende Maanvallei en weer terug na Swakopmund geneem.
Deelnemers het ‘n keuse tussen die vol- (42.2 kilometer) of halfmarathon (21.1 km) gehad wat om 06:00 begin het, asook 'n 10 km-wedloop wat om 08:00 afgeskop het. Die tophardlopers in die halfmarathon het dus die wenstreep oorgesteek voordat die 10 km-wedloop selfs begin het.
André Ross in 3 ure 6 minute en 13 sekondes was die eerste om ná sy uitputtende uitstappie vanaf die Maanvallei terug te keer. Hy is gevolg deur Jaco van den Berg en Luan Reinders wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het. Die vinnigste vrou is Ottilie Aimwata in 3:30:59 met Anna Amutoku tweede en Marietjie du Plessis derde.
Eerste in die mans-halfmarathon is Paulus Daniel in 'n tyd van 1:06:23 gevolg deur Tomas Rainhold en Tangeni Sackaria. Die vinnigste vrou was Mweshamekange Indileni (1:32:53) met Helena Iipinge en Pamela Vuraya in die tweede en derde posisie.
Die wenner van die 10 km-wedloop wat ook as 'n pretloop gedien het, is Megameno Mateus (36:28) gevolg deur David Iiyambo en Erich Goeieman. In die vrouekategorie het Jivanka Kruger (44:50) gewen met Arina Lensing en Ndemufayo Angula in die tweede en derde plek.
Die topdrie-posisies vir die vroue en mans in die vol- en halfmarathon ontvang elkeen ‘n akkommodasie-bewys (nie kontant nie) sowel as prysgeld wat deur SPAR geborg is. Al die deelnemers wat die 10 km-wedloop voltooi het, het aan 'n gelukstrekking met groot pryse deelgeneem.
Die organiseerders het die borge en atlete bedank.
“Baie geluk aan al die taai marathon-atlete wat hul wedloop voltooi het. Ongelukkig het sommige van die deelnemers hul pad op die roete verloor, maar hul pad weer terug na die regte roete gevind.
"Baie dankie aan ons medeborge SPAR, Nova 103.5, OSH-Med International en Swakopmund Twee Baarde Coffee Roasters, asook PayToday vir die fasilitering van die registrasieproses en FinishTime vir die tydhouding van ons wedloop.
“Laastens maar nie die minste nie, wil ons graag al die deelnemers en gretige helpers bedank wat tot die sukses van Gondwana se heel eerste marathonbyeenkoms bygedra het.”
Meer besonderhede en die volledige uitslae is by www.info.gondwana-collection.com/moon-valley-marathon beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie