Stut kry topprys by Rooi Bulle
Klubrugby
Met twee eindstryde en 'n semifinaal het al drie die klub se spanne vanjaar van hulle laat kennis neem.
Die stut Carl-William Freygang is as sportman van die jaar vereer toe FNB Rehoboth-rugbyklub onlangs sy jaarafsluiting en prysuitdeling op sy rugbyveld by Rehoboth Hoërskool afgehandel het.
Die heelagter Whitney Daniels is as sportvrou van die jaar aangewys, en losskakel Geraldo Beukes as die junior sportman.
Die Rooi Bulle onder afrigter Gerald Loubser se eerstespan is vanjaar in die halfeindronde van die Namibië Rugby-unie se premierliga uitgeskakel, terwyl die tweedespan en die vroue beide die eindstryd gehaal het.
Die ervare klubadministrateur Marschell Diergaardt sê Freygang het vanjaar sterker deurgekom in vergelyking met vorige jare.
“Hy was ’n ware leier en voorbeeld vir die jonger spelers. Sy aftrappe en fopaangeë het hom pragtige drieë laat druk. Ek dink veral aan die drie waar die twee stutte, hy en Kevin Cloete, soos senters beweeg het om die drie te druk.
“Calla het egter sterk uitdagers in Cliven Loubser en Kevin Cloete gehad vir die gesogte trofee as sportman van die jaar.”
Erkenning is gegee aan vyf Rehoboth-verteenwoordigers wat vanjaar vir nasionale spanne gekies was.
Cliven Loubser was losskakel vir die senior manspan wat in Frankryk die kwalifisering vir die 2023 Wêreldbeker afgehandel het; die slot/flank Francois Visagie was gekies vir die toer na Uganda vir Afrika-seweskampioenskap en Jeandre Loubser het in die Welwitschias se wedstryd teen die Blou Bulle in Windhoek gespeel.
Geraldo Beukes het Namibië o.20 by die Rugby Afrika Barthes-toernooi in Nairobi verteenwoordig, terwyl dr. Jeremy Strong (vroue, 15- en sewesrugby, asook nasionale sokkerspan) as spandokter ook vir hoër louere opgeroep is.
Ander trofeë wat oorhandig is:
Spelers se speler van die jaar: Nando Dentlinger en Whitney Daniels.
Voorsitterstrofee: Grant Cloete.
Mees toegewyde spelers: Brandon Dentlinger en Dessery Boois.
Beste voorspelers: Chase Diergaardt (eerstespan flank), Keynnen Basson (tweedes) en Nancy van Wyk (vroue).
Beste agterspelers: Miquel Busch (eerstespan skrumskakel), Nando Dentlinger (tweedes) en Whitney Daniels (vroue).
Beste vordering: Dolano Vries (eerstespan senter), Bayern Bayer (tweedes), Trisha Zaahl (vroue).
Veelsydige spelers: Jeandré Loubser (eerstespan heelagter), Deevan Mathys (tweedes) en Pioné van Rooyen (vroue).
Meeste unte: Geraldo Beukes (100 punte vir die eerstespan), Casey Beukes (51 punte vir die tweedespan) en Rumandre Nangombe (vroue, 28 punte).
Meeste drieë: Chase Diergaardt en Geraldo Beukes (eerste span, ses drieë elk), Khee-Shaan Beukes (tweede span, vyf drieë) en Leventine Boois (vyf drieë in die vrouespan).
Die Hardapstreek se verteenwoordiger by die Namibië Rugby-unie, mnr. Steve van Wyk, het as genooide spreker opgetree.
Die klub spreek bedankings uit aan Santam, Castle Lite, Green Enterprises, Janmar, Marcelino Dentlinger, Bradwin Beukes, Llewellyn Samuels, Kat Freygang, Keathan Freygang, Marshall Mouton, Arrie Bock, Kevin Cloete, Milon Lucas, Chase Diergaardt, Delano Coetzee en Bayern Bayer.
Rehoboth-rugbyklub se algemene jaarvergadering is vir 10 Januarie 2023 in Rehoboth geskeduleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie