Stutte ’n fokus van eerste oefengroep
Rugby
'n Groep van 40 spelers van oor die wêreld heen versamel komende naweek in Windhoek.
Namibië se direkteur van rugby en nasionale hoofafrigter, Allister Coetzee, se uitsoekgroep vir die internasionale seisoen sal begin vorm aanneem wanneer 40 genooide spelers die naweek vir die eerste van twee oefenkampe byeenkom.
Met ’n aantal beroepspelers nog in aktiewe oorsese ligas wat tans hul uitklopfase nader, behoort die tweede geskeduleerde kamp vanaf 10 Julie in Swakopmund ’n fyner blik te gee op die spelers vir wie Coetzee in gedagte het vir die toer na Uruguay in Julie-Augustus, asook die Rugby Wêreldbeker in Frankryk in September.
Die Cheetahs se voorrymanne Aranos Coetzee en Louis van der Westhuizen, die VSA se Major League Rugby-verteenwoordigers (Wian Conradie, Le Roux Malan, Adriaan Booysen, Damian Stevens en Cliven Loubser), Torsten van Jaarsveld en Pieter-Jan van Lill uit Frankryk, Divan Rossouw (Krasny Yar Krasnoyarsk, Rusland), Helarius Kisting uit Roemenië en ander kan volgende maand by die tweede kamp op Swakopmund verwag word.
Gister se nuuskonferensie het ’n aantal onverwagte name opgelewer wat nie onder die meeste plaaslike volgers welbekend is nie.
Van die opvallende nuwelinge sluit in die vaskopstut Herman Agenbag, ’n 23-jarige wat van Grey Kollege in Bloemfontein afkomstig is en in 2018 SA Skole gespeel het, voordat hy vir UJ twee seisoene in die Varsitybeker gespeel het en deur die VSA se New England Free Jacks opgeraap is. Van daar het hy in ’n ruiltransaksie in Maart 2022 na sy huidige span, die Dallas Jackals, aanbeweeg.
Twee spelers wat tydens die Mzansi-uitdaagreeks teen die Windhoek Draft Welwitschias gespeel het, is ook genooi, naamlik die Luiperds-stut Haitembu Shikufa asook Wynand Breytenbach (slot of losvoorspeler) van die San Clemente Rhinos.
Die Goue Leeus se heelagter en losskakel Tiaan Swanepoel se naam is ook uitgelees, ondanks ’n stelling in ’n mediaberig laas Augustus dat hy Namibië nie as ’n opsie beskou nie en dat sy droom nog altyd was om ’n Springbok te word. Die 27-jarige gebore Windhoeker met die kanonvoet is reeds in Superrugby, die Pro14 en Curriebeker gesout.
Richard Hardwick, wat in November sy Namibiese toetsdebuut gemaak het, sluit aan ná ’n indrukwekkende Superrugby-veldtog met die Melbourne Rebels, terwyl die 2019 Wêreldbekerspan se kaptein Johan Deysel (Colomiers) en onderkaptein Tjiuee Uanivi (Montauban) leierskap sal bied wanneer hulle vanaf Frankryk aansluit.
Herman Coetzee (laas jaar by nog Windhoek Gimnasium) wat in April 19 geword en nogtans as vaskopstut vir die Welwitschias stewigheid gebied het, is een van drie van vanjaar se o.20-span wat genooi is. Die ander is die senters Natie van Rensburg en Owen Hawanga.
Die groep vir die eerste nasionale oefenkamp (vanaf 26 Junie in Windhoek):
Stutte: Jason Benade (Unam), Desiderius Sethie (Unam), Herschell van Wyk (Wanderers), Herman Coetzee (Rugby Travel Academy, Pretoria), Haitembu Shikufa (Luiperds, RSA), Casper Viviers (RC Baulois, Frankryk), Herman Agenbag (Dallas Jackals, VSA).
Hakers: Wikus Jacobs (Grootfontein), Gihard Visagie (Nantes, Frankryk).
Slotte: Tjiuee Uanivi (US Montauban, Frankryk), Mahepisa Tjeriko (Unam), Tiaan de Klerk (Mogliano, Italië), Johan Retief (Griekwas), Adriaan Ludick (Limoges, Frankryk), Ruan Ludick (van RC Drancy na RC Chartres in 2024, Frankryk), Lebeau du Preez (Wanderers).
Losvoorspelers: Peter Diergaardt (Unam), Richard Hardwick (Melbourne Rebels, Australië), Prince !Gaoseb (Unam), Max Katjijeko (Unam; ook slot), Johan Luttig (Grootfontein).
Skrumskakels: Oela Blaauw (Universiteit van Johannesburg), AJ Kearns (Unam), Jacques Theron (Wanderers).
Losskakels: Tiaan Swanepoel (Emirates Lions, RSA), Danco Burger (Wanderers; ook senter), PW Steenkamp (Orkan Sochaczew, Pole).
Senters: Johan Deysel (Colomiers), Jay-Cee Nel (Griekwas), Natie van Rensburg (Rugby Travel Academy, Pretoria), Owen Hawanga (Durbell, Kaapstad), Alcino Izaaks (Unam), PJ Walters (Kudus), Hillian Beukes (Rehoboth).
Vleuels en heelagters: JC Greyling (Wanderers), Gerswin Mouton (Wits, RSA), Warren Ludwig (Wanderers), Chad Plato (Kudus), Lloyd Jacobs (Kudus).
Die huidige lys van beseerdes sluit in André Rademeyer, Thomasau Forbes, Cameron Langenhoven, André van der Berg en Lesley Klim.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie