Suburbs gee pluimpies aan presteerders

Klubrugby
Andrew Poolman
Die losvoorspeler Richard Mupewa is as FNB Western Suburbs-rugbyklub se speler van die jaar aangewys tydens hul jaareindfunksie die afgelope naweek.

Sy trofee is deur die hoofafrigter Jacky Bock en direkteur van rugby Migiel Booysen oorhandig.

Mupewa het in reaksie gesê: “Eerstens gee ek die eer aan God die Almagtige vir die geleentheid om rugby te kan speel. Ek het ook waardering vir ons klubbestuur, afrigters, my familie en vriende en die lojale ondersteuners van Western Suburbs wat altyd opdaag en die ouens aanmoedig.

“Dankie aan my spanmaats vir die seisoen en dat julle my deurlopend druk om beter te word. As ’n speler het ek soveel gegroei en daarvoor is ek dankbaar.

“Die afgelope seisoen het nie verloop soos ons beplan het nie, maar die ouens het definitief gewys ons is ’n span om mee rekening te hou.”

Die Khomasdallers het in die NRU premierliga sesde uit agt spanne geëindig, met sewe gewen en sewe verloor. Hul 35 ligapunte was voor FNB Grootfontein (19) en FNB Reho Falcon (12), maar hul aanslag om die halfeindrondte te haal, het vervaag in die wedloop teen FNB Unam (vyfde, 39) en FNB Rehoboth (vierde, 43).

ERKENNING

Western Suburbs se sportpersoon van die jaar is aan Megon Sam toegeken.

“Megon was as ons mediese beampte op die kantlyn nooit ver weg van die aksie nie. Beserings is gewoonlik die onaangename deel van ons sport, maar Megon het dit met selfversekerdheid hanteer.

“Haar bydrae was soveel meer as net biokinetikus en die krag- en kondisioneringswerk. Sy help ook om die spelers te verbind, of met hul herstelproses ná beserings – afgesien van haar vriendelikheid met almal, vermoë om die onmoontlike te vermag en gewilligheid om soos ’n moederfiguur die harde waarhede oor te dra en dissipline toe te pas,” sê die klubvoorsitter mnr. Keith Allies.

“Ons waardeer al haar werk in die agtergrond, insluitend met die sopkombuis by die koshuis van Môreson-skool vir kinders met spesiale behoeftes.”

Ander wenners:

Meeste drieë vir die eerste span: Dumarcho Hartung.

Meeste punte vir die eerste span: Bronwon Willemse.

Beste voorspeler vir die eerste span: Kenneth Seibeb.

Beste agterspeler vir die eerste span: Dumarcho Hartung.

Drie van die jaar: Dylan Izaaks.

Meeste punte vir die tweede span: Ricardo Swartz.

Beste voorspeler vir die tweede span: Rovano Jahs.

Beste agterspeler vir die tweede span: Zachary Eiman.

Opkomende speler van die jaar: Zachary Eiman.

Junior speler van die jaar: Zachary Eiman.

Sewesspeler van die jaar: Morgan Esterhuizen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!