Suid-Afrika aan wenkant in Streek Vyf

Hengel
Andrew Poolman
Die Varswateroewerhengelvereniging van Namibië se spanne het sterk kompetisie teen Suid-Afrika by die jaarlikse Streek 5-toernooi by die Nautedam naby Keetmanshoop gehad.

Oor agt dae aan die einde van November is Namibië deur sy nasionale mans-, nasionale vroue-, Federasie A- en B-manspanne, Federasie vrouespan asook ’n meestersmanspan verteenwoordig.

Teen baie sterk Suid-Afrikaanse spanne het selfs net twee of drie visse per dag die verskil gemaak. Dagtemperature van 40 grade en hoër, asook sterk winde op die drie dae van die toetswedstryde het sake vir almal bemoeilik.

Die Proteas sowel as die SA Federasiespanne was oor die drie toetsdae besonder sterk en hulle het Namibië in elk van die drie toetse geklop. Net die Namibiese meesterspan het op die tweede toetsdag gewen.

Van die Namibiese individuele hengelaars het besonders presteer. Panna van Staden was algeheel eerste onder die meestersmans, met sy spanmaat André Barlow derde. Annina Barnard het algeheel derde onder die Federasie vrouespanne geëindig.

Die NFBAA is trots op al die hengelaars wat waardige verteenwoordigers van die land was.

TOPBESTUUR

Die Varswateroewerhengelvereniging stel ná sy algemene jaarvergadering sy nuut verkose uitvoerende bestuur for the 2024 hengeljaar bekend en wens hulle voorspoed toe.

Die NFBAA se president Ronnie Meyer word bygestaan deur Lourens du Plessis (visepresident), Hester Coetzee (sekretaresse), Bertie Kotze (tesourier), Gerrie Engelbrecht (rekordhouer), Wentzel Barnard (ontwikkelingsbeampte) en Nicky Struwig (skakelbeampte).

Die NFBAA bedank ook vir Betsie Bergh, Leon Diedericks, Willem Heunis, Henk Louw en Smittie Smit, asook hul families, vir hul insette in die beheerliggaam oor die afgelope jare.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!