Suid-Afrika behaal 'n plek in elke finaal
Buurland laat min ruimte vir kompetisie
Namibië het in die vroeë rondtes gesukkel, met net 'n paar uitstaande vertonings in die onder 14- en onder 16-kategorieë.
Die Internasionale Tennisfederasie (ITF) en Konfederasie van Afrika Tennis (CAT se suidelike Afrika Junior Individuele en Spankampioenskappe wat by die Sentrale en SKW-tennisbane in Windhoek plaasvind, het Suid-Afrika se oorheersing in alle kategorieë beklemtoon.
Die toernooi wat op 10 Januarie begin het en 18 Januarie ten einde loop, het 140 spelers uit 11 lande gelok en wat insluit die gasheer Namibië, Suid-Afrika, Mauritius, Zimbabwe, Zambië, Eswatini, Lesotho, Botswana, Angola, Mosambiek en Madagaskar. In die onder 16 meisies individuele kategorie het Namibië se Mari van Schalkwyk ‘n indrukwekkende wedloop tot die semi-finale gehad en vir ‘n flikkering van hoop vir die gasheerland gesorg. Sy is egter deur Suid-Afrika se Roxy Bredenkamp oortuigend geklop met ‘n oorwinning van 6-0, 6-1. Bredenkamp kom vandag teen haar landgenoot Jenna Theron te staan.
In die onder 16 individuele kategorie vir seuns het die Namibiese speler Luan Brand die kwarteindrondtes bereik, maar met 6-4, 6-0 teen die sterk Tendekai Musabaeka verloor. Musabaeka se oorwinning was een van die min waarin buurland Suid-Afrika nie as die wenner uit die stryd getree het nie.
Die finale sal Suid-Afrika se Hlumani Kekana en Ethen Pieber op die baan hê wat deur die loop van die toernooi op top vorm was.
Die onder 14 kategorie vir meisies het weereens Suid-Afrika se diepte getoon met Leago Dube wat teen Lily Hailey te staan kom. In die onder 14 kategorie is dit ook twee Suid-Afrikaanse spelers en wel Tristan Summers en Nicholas Kruger wat mekaar die stryd sal aansê. Pieter Hoeksma, die toernooi se skeidsregter vir die Zonals in Namibië, was vol lof vir die spelers en die toernooi.
"Die toernooi was baie goed. Die kwaliteit het in vergelyking met verlede jaar aansienlik verbeter,” het Hoeksma gesê.
Dit is die tweede jaar dat Namibië die gasheer van die Zonals is en volgens Hoeksma was van die verblyf tot die vervoer goed en het alles seepglad verloop.
Hy het ook verwys na beter uitslae vir Namibiese spelers wat volgens hom “baie trots” kan wees.
Die toernooi duur vandag voort met die aanvang van die finale van die spankompetisie vir die Zonals se enkel- en dubbelwedstryde wat vandag plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie