Van links is  Mateus Heita en Nestor Tobias (MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie) saam met Kiriata Kamanya en Jonas Matheus (MTC Salute-boksakademie). Foto Jesse Jackson Kauraisa
Van links is Mateus Heita en Nestor Tobias (MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie) saam met Kiriata Kamanya en Jonas Matheus (MTC Salute-boksakademie). Foto Jesse Jackson Kauraisa

Sunshine-kampioen teen Salute-uitdager

Boks
Jesse Jackson Kauraisa
Mateus “The Beast” Heita van die MTC Nestor Sunshine Tobias-boksakademie en MTC Salute se Jonas Matheus het oorlog teen mekaar verklaar wanneer hulle op 28 Mei vir Heita se Pan Afrika-superkapokgewigtitel van Wêreldboksvereniging (WBA) in die kryt klim.

Die Kuisebmond-stadion in Walvisbaai sal die venue wees vir die Together as One Part 7-boksfees, wat opnuut opwindende gevegte beloof.

Heita het by gister se aankondiging gesê hy is ’n man van min woorde en dat sy vuiste tydens die geveg die praatwerk sal doen. Dis nadat Mateus gister oorlog teen Heita verklaar het in sy strewe om sy opponent te onttroon.

“Ek wil eerstens vir MTC en PSTBet bedank wat deur hul borgskappe hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Ek is nie ’n ou wat baie praat nie, maar ek kan Jonas nou belowe dat ek hom die oorlog sal gee wat hy wil hê.

“Kom ondersteun my op 28 Mei, want ek sal doen wat ek die beste doen. Ek nooi graag boksliefhebbers van Arandis, Swakopmund, Karibib en die hele Namibië uit om die oorlog tussen my en Matheus Jonas te kom aanskou,” het Heita gesê.

Heita het ’n rekord van sewe beroepsgevegte, waarvan hy sover almal gewen het. Die ervare Matheus het 19 gevegte op sy getuigskrif waarvan hy 14 gewen en vier verloor het, met een gelykopuitslag.

Matheus reken nietemin hy sal Heita se skoon rekord in Walvisbaai op die proef stel.

“Ek wil graag vir MTC en almal wat vandag hier is en vir Nestor (Tobias, promotor) bedank dat hulle my hierdie geleentheid gegee het om in Walvisbaai te veg.

“Op 28 Mei is dit oorlog tussen my en Heita, want ek gaan dan ’n ander mens wees. Dit sal ’n nuwe Jonas wees wat gereed is om die titel by Heita te neem," het Matheus gesê.

Nestor Tobias nooi boksersondersteuners om in groot getalle dir geleentheid by te woon wat deur MTC en PSTBet geborg word. Hy sê die gehalte van die hoofgeveg beloof om genoeg vermaak te verskaf.

“Dis ’n groot een en die ouens sal beslis op Walvisbaai die vonke laat spat. Ek bedank weereens vir MTC en PSTBet vir hul borgskap en ek moedig ander maatskappye aan om ook aan boord te kom,” het Tobias bygevoeg.

MTC en PSTBet sê hulle is trots om deel van die toernooi te wees. Sitplekke nader aan die kryt word vir N$200 verkoop, terwyl gewone toegang N$50 kos.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!