EXCITEMENT: 14 teams will be in action throughout the season. PHOTO: Jesse Jackson Kauraisa
EXCITEMENT: 14 teams will be in action throughout the season. PHOTO: Jesse Jackson Kauraisa

Superliga reg vir afskop

Vrouesokker
Jesse Jackson Kauraisa
Mabos Vries, die ligadirekteur, het die publiek verseker dat die die Namibië Sokkervereniging (NFA) alles in sy vermoë doen om te verseker dat die vrouespel van krag tot krag groei.

FNB borg die liga met N$7.5 miljoen oor drie seisoene en Vries, wie se taak is om te verseker dat alle sokkerligas in die land vlot verloop, het die belangrikheid erken van die sukses wat van hom en die hele NFA-personeel verwag word.

Vries was aan die woord by die amptelike loting vir die begin van die FNB Superliga vir vroue, waarin elk van die 14 klubs komende Saterdag in die opeingsrondte speel.

“Ons is besig om die grondslag te lê sodat hierdie spelers professionele sokker kan speel.

“Ons moet diegene prys wat sover deel was van die ontwikkeling van vrouesokker. Hulle het ongelooflike werk gedoen, en ons sal dit van hier af neem om te verseker dat die meisiekinders geleenthede het,” het Vries gesê.

Saterdag sal die Ongwediva Queens sake in die Oshakati-stadion teen Ramblers uitspook.

Die Tura Magic Ladies is geloot teen Right Way FC by die veld van die NFA tegniese sentrum.

Beauties FC sal Okahandja FC die stryd aansê, terwyl NUST Babies teen V-Power Angels by die NFA-veld speel.

Namib Daughters en Arrows Ladies sal hul veldtogte by die Mondesa-stadion in Swakopmund open, met Khomas Nampol wat teen Galz & Goals FC by die NFA-veld slaags raak.

Die Legare-stadion in Gobabis wag vir die wedstryd tussen die Omaheke Queens en die Unam Bokkies.

FNB se Gordon Pokolo het die beheerliggaam versoek om die liga op ’n suksesvolle wyse te administreer.

“Ons stel ons vertroue in die NFA om seker te maak die ding is ’n sukses,” het Pokolo opgemerk.

Die twee onderste spanne sal aan die einde van die seisoen gerelegeer word. Daar sal egter vir eers geen promosie wees nie, aangesien die NFA oor die struktuur herbesin.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!