SuperSport berei voor vir TV-fees met Comrades
Padwedlope
’n Fees wag danksy SuperSport op televisiekykers wat op 11 Junie die 96ste Comrades-wedloop sedert 1921 op die kassie sal volg.
Vir die eerste keer tot dusver sal die kykers die wedloop, wat oor ’n afstand van 87,7 km tussen Pietermaritzburg en Durban gehardloop word, op twee kanale kan volg.
Die wedloop sal van 05:00 tot 18:00 in ’n marathon-uitsending regstreeks op SS Variety 4 (kanaal 209) uitgesaai word.
Die kykers kan op SS Variety 2 (kanaal 207) van 05:15 tot 11:30 die afdeling vir vroue in die wêreld se grootste ultrawedloop volg.
Groot belangstelling heers veral in dié afdeling vanweë die goeie kans dat die Olimpiese atleet Gerda Steyn die afrekord in dié wedloop (5 uur, 54 minute en 43 sekondes), wat Frith van der Merwe 34 jaar gelede opgestel het, uit die rekordboeke kan vee.
Twee voormalige vrouekampioene, Cheryl Winn en Helen Lucre, sal die kommentators wees.
Daar is ook goeie nuus vir die mense wat wil sien hoe hul familielede of vriende dié moordende wedloop voltooi.
SuperSport sal ’n kamera by die eindpunt in die Kingsmead-krieketstadion in Durban hê, wat van 10:00 tot 18:00 die menslike drama by die eindpunt sal stroom. Dit sal op die DStv-app te sien wees. Hiervoor is internet of wifi nodig.
Die kommentators sal onder andere die veteraan-uitsaaier Gerald de Kock, Cuan Walker, Mosibodi Whitehead en die Comrades-koning Bruce Fordyce, ’n negemalige wenner, insluit.
Onder die aanbieders is OG Molefe, Thato Moeng, Toks van der Linde, Candice Naidoo en Mbali Singidi.
Voorts sal die Durbanse krieketlegende Shaun Pollock, voormalige Protea-kaptein en krieketkommentator op SuperSport, op die krieketveld wees waar hy soveel paaltjies laat kantel het om rose uit te deel aan die gouemedaljewenners – die eerste tien mans en tien vroue.
PRODUKSIE
Die Comrades-vereniging, die organiseerder van die wedloop, sê in ’n verklaring SuperSport het die afgelope vier maande vir sy grootste uitsending van die jaar voorberei.
Die hoofuitsaaivragmotor sal by Kingsmead staan, terwyl soortgelyke uitsaaivragmotors by die stadsaal in Pietermaritzburg, waar die wedloop begin, en by Cowies Hill in Pinetown sal wees.
Daar is ses kleiner uitsaai-eenhede op die roete, sowel as vyf motorfietse met kameras en ’n motor waarop ’n laelig-spieëllose kamera gemonteer is.
Dié soort kameras, wat verlede jaar ook gebruik is, word in rolprente gebruik en kan in swak lig afneem.
Altesame 45 kameras sal op die dag ingespan word.
SuperSport het verlede jaar groot lof ontvang omdat hy die oorhandiging van groennommers aan atlete wat hul tiende of meer Comrades voltooi het, drie oorwinnings behaal of vyf goue medales verower het, uitgesaai het. Dit sal weer gedoen word.
Sowat 200 mense sal by die uitsending betrokke wees, terwyl 15 tegnici by SuperSport se hoofkantoor in Randburg, Johannesburg, na die tegniese aspekte sal help omsien.
Die helikopters wat gewoonlik ingespan word om beelde van die roete uit die lug na die uitsaaivragmotors te beeldsend, dra gewoonlik by tot die drama wanneer hulle hoog bo die voorlopers dreun, terwyl die voorste atleet deur verkeersmotors en -motorfietse met loeiende sirenes begelei word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie