Surén laat geharde Switsers in sy stof ry
Bergfietsry
Op ’n naweek waarin verskeie Namibiese bergfietsryers in beide Europa en Suid-Afrika hul slag behoorlik gewys het, het Roger Surén een van die uitstaande prestasies gelewer.
Die Namibiese o.16-seunskampioen het by ’n Switserse Bekerkampioenskapsbyeenkoms in Savognin aan die agterpunt van sy resies weggespring en het nietemin as die wenner oor die eindstreep gejaag. Ná vyf baanrondtes het hy met ’n verskil van 2.8 sekondes gewen.
“Die kompetisie in Switserland is waarskynlik die strafste in die hele Europa wat sy ouderdomsklas betref,” sê Hans du Toit, die Namibiese fietsry-afrigter.
Hugo Hahn was 15de in in die elite mansresies van die Switserse Bekerbyeenkoms in Savognin.
Alex Miller en Vera Looser het ook hul onderskeie resiese naby Zürich in Switserland gewen (Bike World Race Series). Beide dié Namibiese elite kampioene en Olimpiese ryers berei voor om komende naweek in ’n vierdaagse marathon-skofresies mee te ding.
PARYS IN DIE VRYSTAAT
By die Suid-Afrikaanse Bekerbyeenkoms in Parys het die Namibiese deelnemers ook uitsonderlik gevaar.
Marco Thiel het die Suid-Afrikaners uitgestof en sy o.16-seunsresies gewen. Sy landgenote Matti Lukashik was elfde en Franco Thiel 15de, uit die 23 wat weggespring het.
By die onder 14-meisies was Nicole Surén (tweede) en Anne Cramer (derde) beide op die podium, met Bianca Nell (vierde) ook in die eerste helfte van die agt meisies wat weggespring het.
Delsia Janse van Vuuren het ook haar vordering voortgesit met ’n puik tweede plek in die meisies onder 16-resies. Sy was 22 sekondes agter die wenner, met Rose-Marie Thiel wat ook in ’n sterk derde plek klaargemaak het. Die onder 16-meisies het dieselfde aantal baanrondtes as die junior vroue (o.18) afgelê, met Van Vuuren sowat een minnut 18 sekondes stadiger as dié klas se wenner.
By die onder 14-seuns het Daniel Hennes (agtste), Theodor Janse van Vuuren (tiende) en Mike Baartman (15de) voluit gery.
Daniel Hahn se tweede posisie in die junior mansklas (o.18) is deur sy landgenote Justus Beulker (negende) gevolg.
Hans du Toit was ook eerste in die meestersmans se resies oor drie baanrondtes.
• In padfietsry het Monique du Plessis in ’n kriterium in Brittany, Frankryk deelgeneem en eerste in haar wegspringgroep klaargemaak. Sy is tans in Europa as deel van ’n Afrika-groep wat blootstelling in Europese resiese gebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie