Swakop se Ross eerste Namibiër in 2022 Comrades
Padwedlope
’n Skare van bykans 15 000 mense het Sondagoggend die “afdraand” Comrades ultra-marathon oor 90 kilometer (56 myl) van Pietermaritzburg tot by die eindstreep in Durban se ikoniese Moses Mabhida-sportstadion aangedurf.
’n Ewe entoesiastiese groep Namibiërs was deel van die Comrades se hervatting ná een jaar waarin dit weens die pandemie nie aangebied kon word nie.
Swakop Striders se veteraan André Ross, wat in Mei vanjaar 50 jaar oud geword het en reeds meer as tien vorige Comrades-marathonne agter die blad het, was eerste van sy landgenote oor die eindstreep, in ’n raps meer as agt ure.
Lieze Kruger (Windhoek Harriers) het seldsame ’n “Back to Back” voltooiersmedalje verwerf – wat net gewen kan word deur jou debuutwedloop, asook die daaropvolgende jaar se wedloop te voltooi (met ander woorde, beide op en af), met inagneming dat die vorige wedloop in 2020 was (net virtueel in 2021).
Van die Namibiërs wat Sondag se Comrades voltooi het:
1 André Ross (Swakop Striders), mans 50 tot 59, 8:01:57
2 Frans Amakali (Windhoek City Runners), mans 40 tot 49, 8:49:04
3 Eldo Nel (Windhoek City Runners), senior mans, 9:26:54
Harriet Knott (Windhoek Harriers), senior vroue, 9:05:21
Anna Amutoko (Windhoek City Runners), vroue 40 tot 49 jaar, 9:46:07
Eliza Steyl (Swakop Striders), vroue 40 tot 49, 10:04:28
Geoffrey Muhinda (Windhoek City Runners), senior mans, 10:07:24
David Shingenge (Windhoek City Runners), mans 40 tot 49 jaar, 10:16:37
Kirsty Brits (Swakop Striders), vroue 40 tot 49, 10:25:22
Johanna Sheehama (Windhoek City Runners), senior vroue, 10:38:33
Mercy Ujandjua Kuzeeko (Windhoek City Runners), senior vroue, 10:39:20
Lieze Kruger (Windhoek Harriers), senior vroue, 11:10:25
Saltiel Shaanika (Windhoek City Runners), senior mans, 11:20:06
Pieter-Jac de Klerk (Okahandja Runners Club), senior mans, 11:32:20
Elizabeth Shino (Windhoek City Runners), vroue 50 tot 59, 11:43:34
Nonnie Tjitemisa, vroue 50 tot 59, 11:49:15
(Die spertyd om ’n voltooiersmedalje te ontvang, was dat die wedloop binne 12 ure voltooi moes word).
AAN DIE VOORPUNT
Die Comrades-manswenner vir 2002 was Suid-Afrika se 34-jarige Tete Dijana. Die sekuriteitswag by die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom het die eindstreep in vyf ure 30 minute bereik.
Dit was Dijana se tweede deelname, nadat hy in 2019 in die 50ste posisie geëindig het.
’n Russiese atleet het die vroueresies gewen ná ’n suksesvolle hofstryd om haar uitsluiting van deelname te beveg.
Aleksandra Morozova (32) het die roete deur die heuwels van KwaZulu-Natal in ses ure 17 minute afgelê. Die Wêreldatletiekraad het vroeër haar uitsluiting aanbeveel as deel van die verbod op Russiese atlete by internasionale byeenkomste vanweë die land se militêre inval in Oekraïne, maar sy het daarin geslaag om Vrydag ’n suksesvolle hofinterdik in Suid-Afrika te verkry om te kan deelneem.
WELKOM TERUG
Windhoek City Runners hou Saterdag ’n padwedloop oor 5 of 10 kilometer om alle Namibiërs terug van die Comrades te verwelkom.
Inskrywings sluit op Donderdag 1 September en is gratis vir klublede of beloop N$50 vir nielede. Die wedloop sal om sesuur die oggend by Marlins-swemklub in Tennisstraat, Olympia wegspring. Navrae kan aan Maggie by 081 385 5601 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie