Swemmers gereed vir nasionale byeenkoms
Swem
Nagenoeg 184 swemmers tussen die ouderdomme van ses en 69 jaar sal van vandag tot Sondag in Olympia aan die Namibiese Swemfederasie (Nasfed) se nasionale langbadkampioenskap, geborg deur Bank Windhoek, deelneem.
Met meer as 104 items op die program is ’n druk kompetisie in die vooruitsig. Die deelnemende klubs is Aqua-swemklub, Dolphins, Flippers-swemakademie, Marlins, die Oranjemund Sand Sharks, Phoenix-swemakademie en Swakopmund-swemklub.
Nicky McNamara, uitvoerende Nasfed-komiteelid, sê: “Die naweek beloof opnuut ’n opwindende kompetisie.
“Ons gebruik graag hierdie geleentheid om ons borg, Bank Windhoek, te bedank vir hul onwrikbare ondersteuning en verbintenis tot swem in Namibië. Ons is ongelooflik dankbaar vir hul bydrae.”
Die lank verwagte Bank Windhoek-langbadkampioenskap is die hoogtepunt van die langbadseiesoen wat tot ’n einde kom. Dit dien terselfdertyd as proewe vir die aanwysing van die land se verteenwoordigers by die Suid-Afrikaanse junior kampioenskap wat aanstaande maand in Durban, Suid-Afrika, plaasvind.
• Namibia Media Events se span sal ’n regstreekse beeldsending van Saterdag se program vanaf die munisipale swembad in Olympia op die Facebook-bladsy van Sport Wrap aanbied. – Nasfed

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie