T20-reeks beloof skouspel
Krieket
Namibia Media Holdings sal al die wedstryde regstreeks op NTV (DStv kanaal 285 en GOtv kanaal 94) uitsaai.
Die sesde jaar van die Richelieu T20-franchisetoernooi beloof opnuut ’n verhoog vir die beste van Namibië se aansienlike kriekettalent.
Vanjaar se toernooi tussen die vier spanne BA Blasting, King Price, MR24/7-Namspire en XCO-M&M Signs begin vandag om 15:00 by die United-krieketveld.
Die enkelronde rondomtaliegrondslag maak elke uitslag deurslaggewend. Môre en Sondag word van 11:00 en weer 15:00 twee wedstryde gespeel. Die kompetisie hervat op 26 en 27 Maart by United met die finaal op die Sondag.
Net die span wat boaan eindig, is seker van sy plek in die eindstryd.
In die uitklopfase raak spanne 3 teen 4 in ’n valbyl slaags, met die wenner wat tot die semifinaal teen span nommer 2 deurdring.
Elke franchise-span word saamgestel uit vier huidige lede van die nasionale elite Eagles-oefengroep, met ’n mengsel van vyf klubspelers, vier nasionale onder 19-spelers en twee spesiaal genooide spelers.
OPWINDING EN AFWAGTING
Die afgelope seisoene het BA Blasting die pas aangegee, maar die ander spanne se voorneme is om hulle goeie opdraand te gee.
Die krag is redelik eweredig oor al die spanne versprei en vir al die betrokke borge en die toeskouers wag beslis ’n aanskoulike en kompeterende geleentheid.
Vir ontluikende o.19-spelers, van wie sommiges ook reeds in die senior elite groep oefen of premierliga speel, is dié goeie blootstelling, om onder druk in ’n wedstrydsituasie boulers soos Ruben Trumpelmann, JJ Smit of ander te moet trotseer.
Die franchise-reeks gaan dus in gelyke mate oor wenkrieket, ontwikkeling, vermaak vir krieketliefhebbers en om ’n pronkstuk van die beste van Namibiese T20-krieket te wees.
DE BRUYN HOU DOP
Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles sê: “Die T20 Richelieu-toernooi is vir my baie belangrik. Dis ’n kompetisie waarna ek altyd uitsien. Vir my gaan dit oor krag teen krag en dis al wat ek wil sien.
“Die vier spanne maak my opgewonde, want die gehalte en ervaring is eweredig versprei. Dis nie soos klubwedstryde wat soms eensydig is nie. Ons klubs moet ook op ’n franchice-basis werk om ons diepte te verhoog en te ontwikkel.
“Met klubkrieket moet elke wedstryd die beste uit elke span en speler haal en nie net elke derde wedstryd kompeterend wees nie. Dit rig onherstelbare skade aan ons krieket aan.
“Ongelukkig is nasionale spelers soos Gerhard Erasmus, Zane Green, Jan Frylinck en Michael van Lingen beseer en kan nie die naweek speel nie. Dis ’n terugslag, maar vir die res en dié wat hulle moet vervang, sal dit ’n baie proeflopie wees.”
Die vier spanne:
BA BLASTING: Tangeni Lungameni, Nicol Loftie-Eaton, Gerhard Erasmus* en Ruben Trumpelmann (almal nasionale spelers), Michau du Preez, Lohan Louwrens, Zhivago Groenewald, Ruben Claassen en Nyasha Nyasha (klubspelers), Dylan Leicher, Lu-Hendro de Waal en Alex Volschenk (o.19). Francois Erasmus en Zacheo van Vuuren (genooi). Bestuurder: Alex Volschenk senior.
KING PRICE: Bernard Scholtz, Picky Ya France, Michael van Lingen en JJ Smit (nasionale spelers), JP Kotzé, Joshuan Julius, Erich von Molendorf, Danie van Schoor en Wayne Raw (klubspelers), Louis Peters, Dirk Theunissen, Jack Parker en Peter-Daniel Blignaut (o.19), Gerrie Snyman en Gerhard Lotter (genooi). Bestuurder: Sarel Burger.
MR24/7-NAMSPIRE: Karl Birkenstock, Ben Shikongo, Mauritius Ngupita en Zane Green (nasionale spelers), Niko Davin, Matthew de Gouveia, Dewald Nell, Sean Silver, Dickson Vambe (klubspelers), Renier Bosman, Ryan Moffet, Ramon Wilmot en Kaupangurua Tjiposa (o.19), Ramsay McDonald en Lucian Bampton (genooi). Bestuurders: Dickson Vambe en Conrad Jacobs.
XCO-M&M SIGNS: Shaun Fouché, Stephen Baard, Jan Frylinck en Craig Williams (nasionale spelers), Malan Kruger, Donovan Zealand, Fungayi Hlupo, Jaden Cloete en Fritz Coetzee (klubspelers), JW Visagie, Henry van Wyk, Gerhard Janse van Rensburg en JC Balt (o.19), Hansie de Villiers, Christiaan Delport (genooi). Bestuurders: Christo Bronkhorst en Raine Mostert.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie