Taai rugbystryd op Naartjie Park verwag
WBPS en Pro-Ed pak mekaar vandag
Beide spanne moet nog drie wedstryde in die liga speel, en dit beloof om nog tonne aksie op te lewer.
Pro-Ed Akademie en Walvisbaai Privaatskool se eerste rugbyspanne ontmoet vandag in ’n Standard Bank NSSR-ligawedstryd op Naartjie Park in Walvisbaai.
Die wedstryd beloof tonne aksie en spanning en is ook ’n spesiale wedstryd aangesien dit vir talle van die spelers hul laaste jaar is om vir hul skool op die rugbyveld uit te draf. Maar ten spyte van dié bittersoet oomblikke is daar nog baie om na uit te sien.
PRO-ED AKADEMIE
Pro-Ed Akademie se hoofafrigter, Thys Saunders, sê dat hulle nie regtig is waar hulle in die liga wil wees nie.
“Maar ons het die werk gedoen wat gedoen moes word. Dit hang nou van onsself af om te bepaal waar ons wil eindig met nog drie wedstryde wat oorbly.
“As ons kan speel soos ons gespeel het teen Windhoek Gymnasium en Windhoek Afrikaanse Privaatskool behoort ons in ’n semifinaal te speel, en dis waar ons wil wees.”
Saunders rig die span al 11 jaar af en daar is ’n groep seuns wat al van agtjarige ouderdom saam speel en ook nou hul laaste wedstryde saam in hul skoolloopbaan gaan speel. Riaan Robberts het sedert 2022 begin om Saunders met die voorspelers te help.
“Ouens het gekom en gegaan, veral vanjaar moes ons ses baie goeie spelers aan skole in Suid-Afrika afstaan.
“Maar die ‘kern’- groep is ekstra spesiaal omdat hulle mekaar so goed ken en al so lank saam speel en ook baie na aan ons harte lê wat by die afrigting betrokke is.
“Hierdie manne gee ALTYD alles op die veld vir ons en vir die res van die span. Ons kon nie vir ’n beter groep seuns vra nie.
“Ons is geweldig trots op hulle, ongeag hoe die seisoen eindig, wen of verloor. Dis ’n ongelooflike voorreg om hulle te kon afrig. Hulle gaan nog groot dinge bereik.”
NARTJIES
Vir die tuisspan is dit net so ’n bittersoet oomblik, want vandag neem die skool afskeid van Henry Kemp, die departementshoof vir sport.
Hoewel hy nie meer die pos gaan beklee nie, gaan hy nog steeds help om die span tot die einde van die seisoen af te rig.
Morne Rust wat nou die hoofafrigter van die Naartjies is, kan nie genoeg sy dank teenoor Kemp uitspreek nie.
“Ons almal, van die spelers tot die leerlinge, is oneindig dankbaar vir sy insette; hy het ’n groot verskil in ’n klomp seuns se lewe kom maak, en ons wens hom net die beste toe met sy toekomsplanne.”
“Alle sterkte aan Pro-Ed, dit gaan ’n lekker wedstryd wees.
“Dis ’n baie belangrike wedstryd vir beide spanne om te kyk waar ons kan eindig om Superliga te kan speel of dan A-liga as ons nie in die topvier eindig nie. Kom ondersteun ons op Naartjie Park.”
Albei spanne se visie is Superliga, en daar lê nog harde werk voor!
Natuurlik bring Erongo vir jou die regstreekse aksie vanaf Naartjie Park. Skakel in om 16:00 by OneUpTwo.com of op ons sosialemediaplatforms. Sien jou daar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie