Tafel gedek vir Geingob-bekerwedstryd
Rugby
Die geldelike opbrengs van komende Saterdag se rugbywedstryd om die Hage Geingob-beker is vir die Namibië Rugby-unie bestem om die nasionale span se kort toer van twee wedstryde in Europa, asook die opbou na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk te ondersteun, het organiseerders gister gesê.
Toeskouers en rugbyliefhebbers word dus aangemoedig om die atmosfeer van ’n stampvol Hage Geingob-stadion aan te help.
Die speeltruie van die Windhoek Draught Welwitschias (in blou) asook die besoekende Windhoek Draught Griekwas (in wit) vir die spesiale vriendskaplike ontmoeting is ook onthul, asook die trofee wat die wenspan omhoog sal lig.
Afrigter Allister Coetzee het vandeesweek ’n groep van 45 spelers in die oefenkamp, wat baie naby aan op volle sterkte is.
Coetzee het gesê die twee kampe het ooreengekom dat elkeen se wedstrydgroep 27 spelers mag gebruik. Die nasionale toerspan vir die toetse op 12 en 19 November teen Spanje en Kanada sal ook die naweek aangekondig word.
Die hekke open om 10:00, met sewes- en tjokkerrugby voor die hoofwedstryd se afskop om 16:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie