TeamFlippy tem seewater by Mole

Swem
Die bevordering van oopwaterswem in Namibië het die geleentheid geïnspireer.
Andrew Poolman
Phillip Seidler, Namibiese kampioen oopwaterswemmer wat ’n merkwaardige 16de posisie by die 2021 Olimpiese Spele in Tokio behaal het, bied vandag met sy TeamFlippy-span die TeamFlippy Open Water Splash op Swakopmund aan.

Die geleentheid by die kusdorp se bekende Mole-strand is bedoel om swemmers in solo-, tweepersoonspan-, sowel as vierpersoonspankategorieë te betrek.

Die uitdaging is gestel om ’n afstand van 2 kilometer af te lê, ongeag hul vaardigheidsvlak.

Altesame 28 individuele swemmers, ses tweepersoonspanne en vier vierpersoonspanne is teen gister reeds vir die byeenkoms ingeskryf.

Die gedagte is gebore uit die Seidler-broers Phillip en Pumi se begeerte om die kultuur van oopwaterswem in Namibië uit te brei.

Nadat Phillip Seidler (25) eers betreklik onlangs sy terugkeer tot ernstige kompetisie gemaak en ’n bronsmedalje by die Suid-Afrikaanse Olimpiese proewe gewen het, het hy op sosiale media verklaar dat volgende jaar se Olimpiese Spele weer sentraal in sy visier is. Die kwalifiserende geleentheid lê in Februarie in Katar se hoofstad Doha voor.

Die Teamflippy Open Water Splash, aangedryf deur Bojos Café, is nie ’n mededinger met die bestaande jaarlikse Jetty Myl-byeenkoms op 27 Desember nie, maar eerder aanvullend deur verskillende konsepte en die gesamentlike doelwit om oopwaterswem te bevorder.

Die geleentheid bied verskeie afdelings en pryse, insluitend trofeë, medaljes en geskenke van plaaslike borge vir die verskillende ouderdom- en spankategorieë.

Langsaan TeamFlippy se byeenkoms sal die Swakopmund Strandvlugbalakademie ’n strandvlugbaltoernooi aanbied.

Die skedule is soos volg:

Solo-swemmers: Merk atleetnommers 07:00-07:30 / resies begin 08:00 / spertyd: 9:20 vm.

Span van twee kategorie: Merk atleetnommers 08:30-09:00 / resies begin 09:30 / spertyd 10:50.

Span van vier kategorieë: Merk atleetnommers 10:00-10:30 / resies begin 11:00 / spertyd 12:20.

Die prysuitdeling word om 14:00 by Bojos Café gehou.

Die NTV-produksiespan sal ’n regstreekse uitsending van die geleentheid van die Facebook-bladsye van Erongo en Sport Wrap aanbied (vanaf 07:45), asook op NTV (vanaf 08:30).

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!