Terug in kryt ná boksgogga Patrick weer byt
Amateurboks
Patrick Karsten, ewe bekend vir sy opgang as rugbyspeler, klim môreaand by die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum vir die eerste keer in meer as vier jaar terug in die kryt vir ’n boksgeveg.
Die oudskolier van Windhoek Hoërskool het vanjaar as buitesenter vir die Namibiese o.20-rugbytoerspan na Kenia uitstaande spel gelewer en die afrigtingspan van sy klub, FNB Wanderers, was ewe opgewonde oor sy vooruitsigte. Hy het goeie vertonings in die eerstespan se premierligawedstryde gelewer, voordat beserings sy vordering onderbreek het, terwyl die boksgogga ook weer gebyt het.
Riaan Coetzee, sy afrigter by 12 Rounds Boxing Academy, is opgewonde oor Karsten se vermoëns as vegter. Hulle weet min van môre se opponent, by die toernooi wat eintlik as die kragmeting tussen die streke Erongo en Kunene se beste amateurs bemark word.
“Daar sal na verwagting sowat 20 gevegte wees. Ons is die enigste klub van Windhoek daar en wil dus ons streek se naam hoog hou,” sê Coetzee.
“Patrick is 20 jaar oud en onoorwonne in vier amateurgevegte. Hy is tevore vir die SADC junior spele gekies, maar is toe onttrek omdat hy volgens die toernooireëls te jonk was. Hy is nie meer daai 15-jarige seun van jare terug nie. Hy is 1.87 cm lank en weeg tans 84 kg (die juniorswaargewigklas se limiet is 86 kg).
“Ons het ’n bitter goeie oefenkamp gehad en baie geskerm teen Julius Indongo en Alfeus (Mosquito) Shaanika.
“Agri Grow Namibia het gesien Patrick wil die boks ernstig opvat en hulle borg hom tans sodat hy reg kan eet en een keer per dag by ’n fiksheid- en kragafrigter kan oefen. PD Stoman help baie deur om hom spesifieke oefeninge te laat doen en ook om sy dieet uit te werk.
“Ons gaan Saterdag vir die uitklophou, geen twee stories oor dit nie. Ons wil hom soveel blootstelling as moontlik gee sodat ons kan mik om binne twee tot drie jaar professioneel te boks.”
Bernhard Kamatoto, sekretaris-generaal van die Erongo-boksfederasie, sê die strewe is om die volgende geslag kampioene te ontwikkel en te bevorder in die spore van die kusstreek se uitstaande vegters soos Harry Simon, Junias Jonas, Tryagain Ndevelo en Albertus Katiti. Toegang beloop N$100 per persoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie