Theron word NRU se president
Rugby
Mnr. Petrie Theron is Saterdag se president van die Namibië Rugby-unie bevestig.
Die NRU se lede (klubs) was vir ’n buitengewone stemming byeen wat uitklaring moes bring nadat Theron en adv. John Walters by die vorige verkiesingskongres met ewe veel stemme geëindig en dus tydelik in gesamentlike hoedanigheid aangewys was.
Vir die visepresidentskap vir rugbysake moes die klubs ook tussen twee bekendes kies, naamlik Johan Diergaardt of Wessel Kotze. Ná debatvoering tussen die twee groepe is tot die vergelyk gekom dat die nominerende klubs die benoemings van Walters en Kotze onttrek het.
Volgens Theron is die meeste klubs steeds gretig dat die kundigheid van administrateurs soos Kotze en Walters steeds op die NRU-raad betrek behoort te word, binne die riglyne van die vereiste protokol. Dieselfde geld vir iemand soos Jacques Burger vir die Suidestreek, wat die vorige keer benoem is deur ’n klub wat nie betyds opbetaald volgens die riglyne was nie. Vir Saterdag se vergadering was ’n nominasie vir Burger egter nie van nuuts af ingedien nie.
Nog ’n NRU-raadslid wat wel Saterdag bygevoeg is, was mnr. Steve van Wyk vir die Hardapstreek.
Die 50-jarige Theron is ’n bekende prokureur wie se rugby-agtergrond insluit dat hy van 2015 tot 2017 ondervoorsitter van Wanderers-rugby en daarna vir twee jaar die NRU se visepresident vir bestuursake was.
Johan Diergaardt het min bekendstelling nodig as gewese nasionale afrigter (2010-2011 asook 2020) en tevore jarelange nasionale keurder en suksesvolle klubafrigter van Unam.
Mnr. Christie Windvogel, tevore voorsitter van Unam-rugbyklub, is reeds die vorige keer onbestrede as die NRU se visepresident vir bestuursake verkies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie