Tiaan Swanepoel, gewese Leeus-losskakel.
Tiaan Swanepoel, gewese Leeus-losskakel.

Tiaan dra 10 teen Argentyne

Rugby
Ses voorspelers en twee agterspelers op die reserwebank vorm deel van afrigter Allister Coetzee se benadering vir Saterdag se openingswedstryd van die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi, met die Namibiese span teen Argentinië-A wat gister aangekondig is.

Die nuweling Tiaan Swanepoel en Helarius Kisting sal in Uruguay se hoofstad Montevideo die skakelpaar wees, met Damian Stevens op die reserwebank, vir die bulstryd teen een van Suid-Amerika se swaargewigspanne.

In vyf vorige probeerslae (2007, twee keer in 2009, 2015 en 2019) kon Namibië nog nooit ’n toerwedstryd teen Argentinië se naasbestes wen nie.

Die koerant verneem dat die Namibiese toerspan hulle ná ’n uitputtende reis in Montevideo begin tuis maak het – hoewel sonder die vaskopstut Herman Agenbag en veelsydige senter Jay-Cee Nel wie se reisdokumente klaarblyklik nie betyds gereed was nie.

Met Cliven Loubser, die voorkeur-toetslosskakel sedert 2017, wat weens ’n besering tuisbly, is die hoop dat Swanepoel in sy internasionale debuut ewe invloedryk sal wees as wat hy op provinsiale vlak vir die Goue Leeus was.

Namibië se span: 15 Divan Rossouw, 14 Gerswin Mouton, 13 Johan Deysel (kaptein), 12 Danco Burger, 11 JC Greyling, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Helarius Kisting, 8 Adriaan Booysen, 7 Johan Retief, 6 Wian Conradie, 5 Tjiuee Uanivi, 4 Adriaan Ludick, 3 Casper Viviers, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Desiderius Sethie.

Reserwes: Louis van der Westhuizen, Jason Benade, Haitembu Shikufa, Tiaan de Klerk, Max Katjijeko, Prince !Gaoseb, Damian Stevens, Chad Plato.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!