Tiaan stel rekord met lang skop
Rugby
Die Leeus-agterspeler Tiaan Swanepoel het ’n opskudding veroorsaak toe hy in ’n internet-uitdaging met ’n stelskop van 70 meter geslaag het.
Dié uitdaging is deel van ’n Wêreldrugby-veldtog op sosiale media, waar hulle spelers uitdaag om te kyk hoe ver hulle kan stelskop.
Die vorige rekord was die Engeland-heelagter Elliot Daly se skop van 65,5 m, terwyl die All Black Jordie Barrett (65 m), Gela Aprasidze van Georgië (64 m) en die Wallaby Reece Hodge (60 m) ook ’n bal kan sool.
Skoppers kry vyf kanse, en begin op die middellyn. Swanepoel het sy 65 m-poging die eerste keer oorgeklits in die Johannesburg-stadion, en die 70-kerf met sy tweede poging op dié afstand gehaal.
• Soos enige seun wat op Suid-Afrikaanse velde lief geraak het vir rugby, is Swanepoel se grootste droom om eendag ’n Springbok-trui oor sy kop te trek.
Hy is in 1996 in Windhoek gebore, maar sê hy stel nie belang daarin om vir Namibië te speel nie. “Nee, dis glad nie vir my ’n opsie nie,” het hy met ’n ferm stemtoon in ’n onderhoud met Marizanne Kok van Rapport in Desember 2020 verklaar.
“Ek was drie jaar oud toe ons Kaap toe getrek het, en ek onthou ons het nogal gereeld vir my oom op sy plaas in Namibië gaan kuier, maar ek was miskien 11 toe ek laas daar was.
“Ek sal glad nie oorweeg om vir Namibië te speel ni; die droom was nog altyd om ’n Bok te word.”
• Kyk hier na sy skop van 70 meter: https://youtu.be/KEVWbq7igHs

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie