Van links is Anton Langerman, Armand Steyn (Erongo PowerSave), Bethold Karumendu (hooforganiseerder), Jo-Anne Manuel (ministerie) en Antonio Frans, (Coca-Cola). Foto Tielman van Lill
Van links is Anton Langerman, Armand Steyn (Erongo PowerSave), Bethold Karumendu (hooforganiseerder), Jo-Anne Manuel (ministerie) en Antonio Frans, (Coca-Cola). Foto Tielman van Lill

Tiende mylpaal vir straatmyl

Padwedlope
Tielman Van Lill
Die Omaruru PowerSave-straatmyl vier Saterdag sy tiende bestaansjaar wanneer die eerste wedloop om 07:30 voor die munisipaliteit wegspring.

Dié straatmyl het in 2013 met minder as 500 deelnemers sy eerste treë gegee. In 2022 het bykans 1 300 atlete in die pad geval en vanjaar behoort 1 500 hoopvolles by die wegspringstreep aan te tree.

Atlete van Zambië en Botswana behoort Namibië se top elite langasems van Korrektiewe Dienste, NDF en Nampol goeie kompetisie te verskaf.

Bethold Karumendu, hooforganiseerder, sê: “Ek het in 2013 een dag gesit en wonder wat kan ek doen om iets na Omaruru te bring. Die idee vir ’n straatmyl het by my posgevat, want dit bied atlete ’n uitdaging wat spoed en uithouvermoë verg.

“Dit het ses maande gevat voor ek ’n borg gekry het wat N$30 000 gegee het. Hier is ons tien jaar later steeds met Erongo PowerSave wat die hoofborg is en vanjaar is ’n totaal van N$130 000 op die spel om in die onderskeie afdelings gewen te word.

“Baie dankie aan Erongo PowerSave vir jul steun en vertroue in ons.”

Die byeenkoms word ook deur FNB Omaruru en Coca-Cola ondersteun.

PRYSGELD

Senior vroue en mans (20 tot 39 jaar): Goud N$7 000, silwer N$5 000, brons N$3 000, 4 N$2 000, 5 N$1 000, 6 N$700, 7 N$500.

Seuns en meisies 14-19 jaar: Goud N$5 000, silwer N$3 000, brons N$2 000, 4 N$1 000, 5 N$700.

Veteraan vroue en mans (40-49 jaar): Goud N$3 000, silwer N$2 000, brons N$1 000.

Meester vroue en mans (50-plus): Goud N$1 500, silwer N$1 000, brons N$700.

Meisies en seuns 9-13 jaar: Goud N$2 000, silwer N$1 000, brons N$700, 4 N$500, 5 N$300.

Rystoelatlete vroue en mans (T53 & T54): Goud N$3 000, silwer N$2 000, brons N$1 000.

PROGRAM

07:30 Besigheidsmense / 08:00 Meisies (9-13 jaar) / 08:30 Seuns 9-13 / 09:00 Meisies 14-19 / 09:30 Seuns 14-19 / 10:00 Veteraan vroue en mans / 10:30 Meesters vroue en mans / 11:00 Senior vroue (20-39) / 11:30 Senior mans. 12:00 Rystoelatlete / 13:00 Prysuitdeling by munisipaliteit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!