Tigers briek Stars se opmars so effe
Sokker
Tigers-sokkerklub het Sondag met ’n dramatiese 2-2 uitslag teen African Stars een van net drie spanne sover geword wat teen die heersende kampioen van die Debmarine Namibië Premierliga gelykop kon speel.
Die eerste helfte van die 2023-2024 seisoen is afgehandel en African Stars se voorsprong staan op net twee punte voor Khomas Nampol, en vier punte voor FC Ongos. ’n Verdere sewe punte skei die topdrie van Eeshoke Chula Chula en die res.
In die twee Katutura-klubs se Sondagmiddag-ontmoeting op Okahandja het Uetuuru Kambato se doel African Stars uit die blokke gekry.
Die skeidsregter het egter in die eerste helfte twee strafskoppe aan Tigers toegeken en Quinton Kuruseb het beide afgerond om die rustydtelling 2-1 te maak. Kuruseb het boonop ’n vryskop rakelings bo die dwarslat verby geskop wat hom ’n driekuns voor rustyd kon besorg het.
Tigers het egter die terugslag gekry dat Omari ’n rooi kaart gekry het en dat hulle die tweede helfte met net tien spelers sou moes aandurf.
Mbakondja Tjihikika se gelykmaker vir African Stars is eers in die tweede helfte behaal van die aksiebelaaide wedstryd waarin beide spanne nog belowende doelkanse geskep het wat die skare deurentyd opgewonde en die doelwagters op hul tone gehou het.
Ronald Ketjijere het as kaptein erkenning gegee dat African Stars twee potensiële ligapunte laat glip het met halwe kanse wat nie afgerond is nie. Volgens hom sal sy manne dadelik op hul beste moet wees wanneer die liga in die nuwe jaar hervat.
Sondag se ander eindtellings:
Op Karasburg: Young Brazilians 1-2 FC Ongos.
Whk Onafhanklikheidstadion: Khomas Nampol 1-0 Young African.
Whk Onafhanklikheidstadion: Orlando Pirates 1-0 Civics.
Op Otjiwarongo: Mighty Gunners 2-1 Blue Waters.
Op Otjiwarongo: Life Fighters 0-1 Unam.
Op Oshakati: Eeshoke Chula Chula 1-0 Okahandja United.
Op Grootfontein: Okakarara Young Warriors 2-1 Julinho Sporting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie