TISAN mik hoog met studentesport
Die Tersiêre Institute Sportvereniging van Namibia (TISAN) is as die sambreelliggaam vir studentesport in die land bedoel om massadeelname asook die waardes van eenheid, versoening, nasiebou, nie-diskriminasie en nie-rassige onder studente van verskillende tersiêre instellings te bevorder.
Die afgelope nege jaar het TISAN uitdagings ervaar tot die punt waar dit byna nie voldoen het aan die raamwerk soos bepaal deur die Sportwet van 2003 nie.
Met die leiding en voorskrifte van die Namibiese Sportkommissie, het TISAN die afgelope naweek al sy geaffilieerdes instellings uit verskillende dele van die land op Otjiwarongo byeen gehad vir ’n spesiale algemene kongres en om ’n nuwe uitvoerende komitee te verkies.
Die opbetaalde geaffilieerde instellings wat teenwoordig was en hul demokratiese stemreg uitgeoefen het, was die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST); Universiteit van Namibië (Unam) en spesifiek sy hoofkampus en ander kampusse op Oshakati, Rundu, Katima Mulilo, Hage Geingob, Ogongo, Khomasdal, Neudam, Suide en JEDS; die Internasionale Opleidingskollege Lingua, Internasionale Universiteit van Bestuur (IUM), Valombola Beroepsopleidingsentrum en Okakarara Beroepsopleidingsentrum.
Twee beamptes van die Sportkommissie, me. Salome Iiyambo en mnr. Chalo Chainda, het as waarnemers verseker dat behoorlike omsigtigheid tydens die verkiesingsproses uitgeoefen is.
Tydens die openingsessie is ’n ter erkenning en waardering vir sy harde werk, opofferings en mentorskap tydens sy twee ampstermyne as TISAN se president.
Die nuut verkose uitvoerende komitee het beloof om sy nalatenskap lewendig te hou en tersiêre sport tot die vlak te neem wat Jeffery TISAN graag sou wou sien bereik het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie