Titels by Rössmund vir Likius en Doulaine

Gholf
Andrew Poolman
Likius Nande en Doulaine Holtzhausen is op Swakopmund as die kampioene bekroon van die 2023 Rössmund Ope, wat laas naweek gesamentlik onder die vaandel van die Namibiese Amateurgholfunie en die Namibiese Amateur Vrouegholfunie gehou is.

’n Hoogtepunt van die toernooi was ’n volmaakte gelukhou deur Fritz Coetzee II op die 16de putjie (203 meter, syfer 3).

Die veld het bestaan uit 79 spelers van elke uithoek van Namibië, in hul onderskeie afdelings. Die weerstoestande het die hele naweek saamgespeel, al is dit nie in die tellings op dag een weerspieël nie.

Die beste telling in die eerste rondte was Eli Mbango se bruto 71, een onder baansyfer.

Die geluksengel het egter in die tweede rondte van sy skouer afgeval. Stefanus Bonifatius en die junior Charlie Lohmann het met die beste rondtes van die middag, een oor syfer 73 bruto, geëindig.

Bestendigheid het nogtans die deurslag gegee vir die nasionale kampioen Likius Nande (147) wat ’n voorsprong van een hou bo Stefanus Bonifatius (148) geneem het.

Lazarus Goabeb was die B-afdeling se bruto voorloper op 160 en Borja Romero in die C-afdeling op bruto 91.

In die vroue-afdeling was Doulaine Holtzhausen en Evelyn Paulino gelykop op 96 bruto en Corneels Jafta was boaan die stableford-afdeling op ’n goeie 42 punte.

Sondagoggend was alles op die spel. Likius en Stefanus het beide 69 bruto behaal en het dus opnuut met net een hou verskil geëindig.

Voor die prysuitdeling het die nuut verkose NAGU-president Toady Gurirab en NALGU-president Dina Holtzhausen die spelers en al die betrokkenes vir ’n wonderlike toernooi bedank. Beide het ook waardering vir die ondersteunende medeborge Rössmund-gholfklub, Woermann Brock en Castle Lite uitgespreek.

Die voorste uitslae:

Algehele vrouewenner: 1 Doulaine Holtzhausen (185), 2 Evelyn Paulino (189); Vroue beste netto: 1 Tiekie de Wet (152); 2 Rina Knight (155).

Algehele manswenner: 1 Likius Nande (216); 2 Stefanus Bonifatius (217). Algehele beste netto: 1 Lazarus Goabeb (212); 2 Eli Mbango (217).

A-afdeling bruto: 1 Brendan Britten (222); 2 Charlie Lohmann (223); Beste netto: 1 Edwin Kutara (220); 2 Christo Durant (225.

B-afdeling bruto: 1 David Peake (252); 2 Lesley Steven (253). Beste netto: 1 Tendakai Chinyandura (224, uittel); 2 Danie Pretorius (224).

C-afdeling bruto: 1 Achmet Abrahams (175); 2 Borja Romero (177). Beste netto: 1 Jureck Johannesson (136); 2 Lesley Neib (142).

Stableford: 1 Corneels Jafta (75); 2 Fred van Zyl (70; Francois le Roux (66).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!