Toer bied eerste ervarings aan ryers
Bergfietsry
Die rit sonder tydhouding of kompetisie het selfs vir 'n gedugte internasionale ryer soos Drikus Coetzee 'n persoonlike mylpaal gebied.
Die gewilde jaarlikse 3Passes bergfietstoer is die afgelope naweek afgehandel en was opnuut ’n ongelooflike ervaring met ’n klomp nuwe toetse wat geslaag is.
Ryers jonk en oud kon die roete op distrikspaaie gebruik om persoonlike uitdagings te stel en doelwitte te bereik. Winderige toestande het sake vir almal bemoeilik.
Vrydag se afstand was 103 kilometer (of ryers kon enige gedeelte daarvan voltooi), insluitend die Gamsbergpas. Saterdag s’n was 144 km (of ’n gedeelte) wat Remhoogte- en Spreetshoogtepas ingesluit het.
Hoogtepunte van die naweek het ingesluit die langste klim van hul loopbaan (8 km by Gamsberg) vir Phillip Bredenhann, Jean-Mare Mostert, Binette Klein, Gerda Opperman en Maryna Opperman.
Ryers wat hul langste afstande gery het, was die sewejarige Neil Liebenberg (21 km), agtjarige Elai Theron (22 km), 12-jarige Mareike Straemke (31 km), asook die tienerjariges Roger Surén en Walter Alpers (beide 150 km).
Die bevrediging om vir die eerste keer Spreetshoogte te bestyg (4 km met ’n klimhoogte van 450 meter) is deur Sonja Obholzer, Binette Klein, Jaen-Mare Mostert, Nicola Fester, Sion Liebenberg (10 jaar), Qara Volschenk (11), Drikus Coetzee, Carolin Janik, Kai Grossmann, Monika Grossmann en Roger Surén gesmaak.
Johan Fourie en sy mede-organiseerders bedank al die bydraende borge wat die geleentheid vir die families moontlik help maak het, naamlik Superspar The Grove, Cymot, Saroa Lodge, Namib Grens Guest Farm, Chiwani Safari Camps, Pupkewitz Toyota, Analytical Laboratory Services, Indongo Toyota, Kalfie and Sandra van Zyl.
Die groep is met gasvryheid by Namib Grens gasteplaas gehuisves.
Die Cymot-span van Clemens and Marckernzy het daagliks die waterpunt by die halfpadmerk beman en enige nodige tegniese hulp aan die ryers verskaf.
Fourie sê: “Die 3Passes gaan oor familie; om ‘asem te haal’ en ruimte te vind in ons gejaagde daaglikse lewens. Dit gaan oor geniet en dit gaan oor jou!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie