Die Namibiese nasionale e-sportspan wat in Desember by die wêreldkampioenskap in Bali meegeding het. Foto verskaf
Die Namibiese nasionale e-sportspan wat in Desember by die wêreldkampioenskap in Bali meegeding het. Foto verskaf

Toerkanse vir e-entoesiaste in 2023

E-sport
Tielman Van Lill
Die 15de e-sportwêreldkampioenskap van die Internasionale Elektroniese Sportfederasie (IESF) sal later vanjaar in Iasi, Roemenië, gehou word.

Dit is die eerste keer sedert 2013 toe die elite kompetisie deur Boekarest gehuisves was, dat die kampioenskap sy terugkeer na Roemenië maak.

Die IESF reken nagenoeg 800 spelers sal sowat 130 lande daar gaan verteenwoordig.

Verlede jaar se weergawe in Bali, Indonesië, het van 1 tot 12 Desember 600 spelers van 105 lande gelok. Namibië se vrouespan het op merkwaardige wyse vierde in die vegspeletjie CS:GO geëindig.

CS:GO, DotA2, Mobile Legends: Bang Bang, eFootball 2023, Tekken 7 en PUBG Mobile was die ses dissiplines waarin mans en vroue hul slag kon wys met ’n gesamentlike prysgeld van U$D500 000 vir die wenners.

Die Namibiese E-sportvereniging (Nesa) is gretig om die nuwe seisoen saam sy hoofvennoot, MTC, af te skop. Nesa is gereed om opnuut ’n suksevolle jaar met etlike kompetisies vir sy lede te verseker. Kwalifiserende geleenthede sal aangebied word om die Namibiese nasionale e-sportspan in Februarie te kies.

Alle uitdunne sal in die MTC Playzone in die Maerua-inkoopsentrum gehou word waar spelers mekaar in CS:GO, DotA2, Mobile Legends: Bang Bang, eFootball 2023, Tekken 7 en PUBG Mobile kan pak.

Hou Nesa se sosiale media-bladsye dop om op hoogte van die jongste nuus en inligting rakende e-sport in Namibië en die IESF se 15de Esportwêreldkampioenskap te bly (op Facebook: Nesa.Namibia).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!