Toetsreeks lewer naelbyters
Jukskei
Namibië Jukskei het vandeesmaand ’n baie suksesvolle Namibiese Ope kampioenskap in Windhoek aangebied.
Jukskei Suid-Afrika het met 14 spanne kom toer, wat vanaf o.16- tot veteranespane (bo 60 jaar) ingesluit het. Afgesien van Namibië se spanne was daar ook vier Napso-spanne (o.16 en o.19, seuns en meisies). Dit was ’n week propvol goeie jukskei, fantastiese gees onder die spelers en goeie vriendskapsbande.
Daar was ’n A- en ’n B-afdeling met onderskeidelik 16 en 14 spanne. Die voorste uitslae ná die vier speeldae:
A-afdeling: 1 SA mans bo 60 (152 punte). 2 SA mans bo 50 (146,5). 3 SA onder-30 mans (131).
B-afdeling: 1 Namibië B1 (134), 2 Voetstoots (125), 3 Namibië B3 (116).
TOETSREEKS
In die internasionale toetswedstryde tussen Namibië en Suid Afrika is baie goeie jukskei is gespeel en van die uitslae is eers met die laaste gooi te midde van naelbyt-oomblikke bepaal.
Namibië het hulle goed van hul taak gekwyt en het drie toetse gewen. Die uitslae van die toetse:
Senior Mans: RSA klop Namibië 8-7.
Senior Vroue: Namibië wen 10-5, maar die trofee word gedeel (15-15) nadat RSA in Kroonstad gewen het.
O.16-seuns: Suid-Afrika wen 8-7.
O.16-meisies: Namibië klop RSA 8-7. Die trofee word gedeel (15-15), nadat RSA in Kroonstad gewen het.
Mans bo 50: RSA wen 8-7.
Vroue bo 50: Namibië klop RSA 8-7.
Mans bo 30: RSA wen 9.5 teen 5.5.
O.19-seuns: RSA wen 10.5 teen 4.5.
O.19-meisies: RSA wen 10.5 teen 4.5.
Mans bo 60: RSA wen 10-5.
Vroue bo 60: RSA wen 9.5 teen 5.5.
LEIERSKAP
Die Namibiese Junior Jukskeivereniging het ’n baie suksesvolle algemene jaarvergadering in Windhoek gehou en die volgende bestuur is vir die nuwe seisoen (2023-2024) gekies.
Voorsitter: Christie Horn. Ondervoorsitter: Abie van Wyk. Sekretaresse: Retha Horn. Bykomende lede: Zuretha Horn en Belinda Louw. Keurders: Christie Horn, Erik Strauss en Zuretha Horn.
• By die Namibiese Skeidsregtersvereniging se algemene jaarvergadering in Windhoek is die volgende bestuur vir die nuwe seisoen verkies.
Voorsitter: Gerhard Coetzee. Ondervoorsitter: Francois Boshoff. Sekretaresse: Anelda Horn.
• By die algemene jaarvergadering van Namibië Jukskei is die volgende persone gekies:
President en bemarking: Erik Strauss. Visepresident: Michael Duvenhage. Direkteur streke en toernooie: Dries Verwey. Direkteur administrasie: Ina Dreyer. Direkteur van finansies en ontwikkeling: Christie Horn. Nasionale keurkomitee: Erik Strauss, Francois Boshoff, Gieliana Boshoff, Michael Duvenhage en Christie Horn. Gerhard Coetzee is NJ se hoofskeidsregter.
• Vir enige belangstelling aangaande jukskei in Namibië: www.jukskei-nam.com of Erik Strauss (081 122 2743).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie