No Image Caption

Toetsspan teen Spanje aangekondig

Rugby
Andrew Poolman
Afrigter Allister Coetzee het sy Namibiese rugbyspan vir Saterdag se rugbytoets teen Spanje in Madrid aangekondig.

Verskeie gedwonge veranderinge en skuiwer is weens beserings genoodsaak.

Torsten van Jaarsveld (haker van Bayonne) het ’n gevoelige rib ná ’n klubwedstryd laas naweek, terwyl die senter Danco Burger ná die toergroep se aankoms in Spanje op die oefenveld ’n besering opgedoen het.

Vanweë die lys beseerde vleuels word Divan Rossouw van heelagter af na die linkervleuel geskuif, terwyl Cliven Loubser vir die eerste keer ’n toets in die 15-trui sal begin.

Die 24-jarige PW Steenkamp – ná agt vorige toetse van die bank af – sal die eerste keer as Namibië se voorkeurlosskakel opdraf.

Volgens Coetzee is die ses voorspelers op die reserwebank gekies om die verwagte swaar agttal van Spanje teen te werk.

Warren Ludwig (regtervleuel) en die plaasvervangers Wikus Jacobs en André van der Berg is vir hul eerste toetsverskyning nader geroep.

Die Namibiese span:

15 Cliven Loubser

14 Warren Ludwig

13 Johan Deysel (kaptein)

12 Le Roux Malan

11 Divan Rossouw

10 PW Steenkamp

9 Damian Stevens

8 Prince !Gaoseb

7 Janco Venter

6 Wian Conradie

5 Johan Retief

4 Adriaan Ludick

3 Casper Viviers

2 Louis van der Westhuizen

1 Jason Benade

Reserwes:

16 Wikus Jacobs

17 Jano Otto

18 Chemigan Beukes

19 Ruan Ludick

20 Pieter-Jan van Lill

21 Adriaan Booysen

22 Helarius Kisting

23 André van der Berg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!