Top-8 by Wêreldbeker wink
Hokkie
Onder kaptein D.J. Strauss is die Namibiërs sover 'n verrassing in die toernooi.
Veertig minute van speel tot hul potensiaal behoort die MTC Namibiese manshokkiespan later vanaand ’n merkwaardige kwalifikasie vir die kwarteindrondte by die FIH Binnenshuise Wêreldbekertoernooi in Pretoria te besorg.
Hul teenstanders om 21:20 vanaand, Nieu-Seeland, het tot dusver in vier groep A-wedstryde ’n massiewe 31 doele (teen 3, doelverskil -28) laat deurlek en is laaste van die ses spanne.
Ondanks die feit dat Namibië gisteroggend ’n mededingende wedstryd teen België (wêreldnommer 8) met 1-4 verloor het, is die span onder afrigter Trevor Cormack op koers om na die kwarteindstryd deur te dring deur hul vierde posisie vas te hou met ’n oorwinning teen die Kiwi’s vanaand.
België se voortreflike afrondingsvermoë, gelei deur die dodelike Phillipe Simar met ’n driekuns, het hulle na ’n oorwinning geneem wat egter nie naastenby so gemaklik gekom het as wat die eindtelling aandui nie.
België het wel met twee blitsige treffers in die 4de minuut die voorsprong geneem – die soort droombegin wat die Namibiërs sekerlik in hul oorblywende veldtog sal probeer naboots.
Namibië, wat Dinsdagaand hul eerste oorwinning ooit by ’n binnenshuise Wêreldbeker vir mans behaal het (6-2 teen Kazakstan), het teruggekap met ’n skitterende doel deur Percy Barthram (sy vierde van die toernooi) in die laaste sekondes voor halftyd. Barthram is aan die linkerkant in die spasie geplaas en sy skoot het die doelwagter geklop ondanks ’n baie nou hoek.
Simar het egter sy driekuns (sy tweede van die toernooi) voltooi om sy totaal op 12 doele tot dusver in hierdie Wêreldbeker te staan te bring.
• Intussen is die MTC Namibiese vrouespan gister met 1-2 deur België geklop – ’n uitslag wat hul laaste kans om dalk nog die kwarteindstryd te haal, uitgewis het.
Kaptein Maggy Mengo se span handel vandag (16:40) hul laaste groepwedstryd teen die eerste geplaaste Tsjeggiese Republiek af.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie