Topvier o.19-spanne spook om finaal te haal
Skolerugby
Windhoek Gimnasium se wenkaptein in 2022, die agtsteman Janneman Brand, het ’n tydige terugkeer van ’n gebreekte enkel tydens proewe vroeg vanjaar gemaak en lei vandag die Schoemans-groep Leeus in die halfeindstryd van die Standard Bank o.19 Superliga.
Gimnasium het die seisoen net-net in die eerste posisie op die puntelys afgesluit en word opgeweeg teen die hardekwas PSG Pro-Ed Akademie, wat vanjaar verras het om in die topvier te eindig.
Toe dieselfde twee spanne verlede week op Swakopmund teen mekaar gespeel het, moes Gimnasium deurgaans hard werk om Pro-Ed met die laaste verdoelde drie van die dag met 31-23 te begrawe.
Samsung Windhoek Hoërskool, wat met ewe veel ligapunte as Gimnasium geëindig het en op punteverskil tweede geplaas is, staan voor ’n herhaling van verlede jaar se halfeindstryd teen Autohaus Windhoek Affies, wat hom toe naelskraap voor die eindstryd uitgeskakel het.
WHS se bloues sal met groot selfvertroue opdraf, nadat hulle hierdie seisoen reeds oorwinnings teen beide Gimnasium en Affies behaal het. Veral die Koedoebulle se agterlyn beskik oor groot vaart.
DIE SPANNE
Windhoek Gimnasium Leeus: 1 Otja Auala, 2 Hendré Schrader, 3 Herman Gouws, 4 Heinrich Geldenhuys, 5 Zander le Roux, 6 Zack von Wielligh, 7 Ruan Agenbag, 8 Janneman Brand (kaptein), 9 Denver Beukes, 10 JW Visagie, 11 Carlo Hawanga, 12 Stefan Gildenhuys, 13 Waldré Kotze, 14 Suramie Qhena-Kambombo, 15 Janré van Zyl. Reserwes: 16 Janco van Tonder, 17 Rudolph Harmse, 18 Daniël du Toit, 19 Vincent Scholtz, 20 Waldo de Klerk, 21 Damian Mouton, 22 Janco Bredenhann, 23 Jamall van Wyk. Afrigters: Janneman Brand senior en Mauritz Thirion.
PSG Pro-Ed Akademie: 1 Karel Noppe, 2 Devon Burger, 3 Marco Vermeulen, 4 JP Campbell, 5 Jivaldo Pienaar, 6 Shaheem Kharuxab, 7 JC Labuschagne, 8 JC la Cock, 9 Waldo Human, 10 Maughan Jarman, 11 Marc Holloway, 12 Jandre Robberts, 13 Tayton Saunders (kaptein), 14 Cobus Esterhuizen, 15 AJ Wohler. Reserwes: 17 André Strauss, 19 Oliver van Wyk, 20 Justin Engelbrecht, 21 Rechon Cloete. Afrigters: Thys Saunders en Riaan Robberts.
Samsung WHS Koedoebulle: 1 Jayden van Zyl, 2 Marchall Klein, 3 Joshua Bester, 4 Henry Otto, 5 Jaythen Orange, 6 McHenry Kambatuku, 7 Luca Cindano (kaptein), 8 Pieter-Jan Strydom, 9 Dominique Isaaks, 10 Caeden Moller, 11 Jurgen Meyer, 12 Davito van Wyk, 13 Sammy Soobramoney, 14 Alejandro Morkel, 15 William Beukes. Reserwes: 16 Xavier Louw, 17 Kieran Andrew, 18 Charlton Binga, 19 Nicolai Januarie, 20 Tjeripo Karuhumba, 21 Gerson Hishono, 22 Eljoh Strauss, 23 Lamarque Reith. Afrigters: Ainsley Daniels en Jan Dames.
Autohaus Windhoek Affies: 1 Gianluca Savoldelli, 2 Delano van der Berg, 3 Johan Mouton, 4 Ruan Janse van Rensburg, 5 Magnus du Toit, 6 Christiaan van Rooyen, 7 Walther Otto, 8 Ben Burger (kaptein), 9 William (Liam) van Rooyen, 10 Van der Merwe Tromp, 11 Jezreel Brown, 12 JP Rix, 13 Roelof Venter, 14 Sheilano Besser, 15 Laz-Will Williams. Reserwes: 16 Ruan du Toit, 17 Zander van Wyngaard, 18 Lian Vlok, 19 Abraham van Zyl, 20 Morné Thiart, 21 Michiel Steenkamp, 22 Nico van Staden, 23 Dandré du Plessis. Afrigters: Johan Zaayman en JT Basson.
UITGESAAI
Die volgende halfeindstryde vandag in die Hage Geingob-stadion sal regstreeks deur NTV se produksiespanne uitgesaai word (alles op https://oneuptwo.com, asook die Facebookblad van My Zone):
O.19A-liga, PSG Walvisbaai Privaatskool I tn Privaatskool Elnatan I, 14:00 (ook op NTV)
O.19A-liga, OK Moria Bere I v Compack Tsumeb Gymnasium I, 15:20 (ook op NTV).
O.19 Superliga, Samsung WHS I tn Autohaus Windhoek Affies I, 16:40.
O.19 Superliga, Schoemans Windhoek Gimnasium I tn PSG Pro-Ed Academy l, 18:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie