Tour de Windhoek is terug
Padfietsry
Die gesogte padfietsbyeenkoms sal Namibië se elite opnuut die kans bied om hulself teen Suid-Afrika se professionele jaers te toets.
Die gewilde Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek-resiesfietstoer sal vanjaar van 2 tot 5 Mei in en om die hoofstad aangebied word.
Pupkewitz Megabuild se verbintenis met die Tour de Windhoek kom reeds vir etlike jare aan.
Die hoofborg het gister aangekondig dat hy verheug is om opnuut dié vooraanstaande fietsrygeleentheid vir nog ’n jaar te ondersteun, wat die skoonheid van Namibië deur ’n opwindende kompetisie met ses skofte in individuele én spanverband sal uitstal.
Martin Schoeman, besturende direkteur van Pupkewitz Megabuild, het gesê: “Ons is opgewonde om ons hernude ondersteuning vir die Tour de Windhoek te bevestig.
“Dis ’n geleentheid wat die gees van fietsry en avontuur uitbeeld terwyl jy die skilderagtige natuurskoon van die Windhoek-omgewing ten toon stel.”
Die Tour de Windhoek word ook deur ’n korter weergawe aangevul wat deur die minder geharde fietsrygeesdriftiges gery kan word, om ook soos beroepsryers die ervaring van ’n meerdaagse toer te kan beleef.
Professionele spanne van Suid-Afrika is tradisioneel deel van die kompetisie om die plaaslike spanne opdraande te gee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie