Triomf vir Looser by Wêreldbeker
Bergfietsry
Met ’n uitmuntende poging het Vera Looser van Namibië vir die eerste keer ’n UCI Wêreldbeker-marathonbyeenkoms gewen.
“Aan die einde was dit net tussen myself en Lejla (Njemcevic van Bosnië) en ek het besluit, hierdie een gaan ek nie laat wegglip nie!” het Looser Saterdag by die eindpunt in haar media-onderhoud gesê.
Ná ’n brutale bergagtige roete van 100 km by die Franse vakansieoord Morzine Avoriaz het Looser ná ses ure nege minute met net bietjie meer as ’n minuut gewen.
Njemcevic het vooraf gesê haar plan is om haar eie pas te handhaaf. “Dit was ’n lang seisoen en hierdie is ’n roete sonder genade. Dit ontbloot enige swakheid in jou mondering – as jy dalk ’n paar oefensessies misgeloop het, of as jy uitgeput is, of as jou voedingsprogram nie in die kol was nie ... so ek is rêrig net in my eie resies.”
Die ongenaakbaarheid van die roete is verder bewys toe die gedugte Wout Alleman van België by die halfpadmerk (50 km) halt geroep en onttrek het, met die opmerking dat hy werklik uitgeput voel en dat dit “sonder energie bykans onmoontlik” sou wees om “op ’n roete soos dié” klaar te maak.
Ná 64 km het Looser van die Bosniër begin wegbreek, maar teen die laaste klimdeel op die roete het Njem weer die voortou geneem. By die tegniese sone vyf kilometer voor die einde het die Namibiër weer voor gevat en alleen die eindstreep gehaal.
Op die huidige stand van die wêreldmarathonreeks is die topvier nou Njemcevic (650 punte), Looser (410), Bettina Janas van Duitsland (390) en Estelle Morel van Frankryk (348).
Net een byeenkoms bly oor, aangebied by Snowshoe in West Virginia, VSA.
• Kyk hoogtepunte: youtube.com/watch?v=AEXE5DpHQh0/

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie