Trofee op die spel in Pumas-wedstryd
Rugby
Beide unies is opgewonde oor die twee wedstryde volgende week in Windhoek.
Airlink, ’n onafhanklike private streeklugdiens sedert 1992, dra by tot die versterking van rugbybande tussen Namibië en Suid-Afrika met sy bekendstelling van die Airlink-bekerwedstryd, waarin die Windhoek Draught Welwitschias op Saterdag 4 Maart die heersende Curriebeker-kampioen, die Airlink Pumas, in Windhoek die stryd sal aansê.
Dieselfde twee spanne sal op Woensdag 1 Maart ook in die Hage Geingob-stadion teen mekaar speel ter opwarming op hul onderskeie deelnames aan die Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisies.
Die organiseerders sê die voorneme is om dié ontmoeting ’n jaarlikse instelling te maak, wat in die toekoms ook uitgebrei kan word om wedstryde tussen die unies se vrouespanne en o.20-manspanne in te sluit.
Airlink is reeds vir agt jaar as borg by die unie van Mpumalanga betrokke en hul handelsmerk is sedert Januarie 2022 aan die Pumas gekoppel.
Petrie Theron, president van die Namibië Rugby-unie (NRU), sê: “Die wedstryde Woensdag, asook die Saterdag se wedstryd om die Airlink-trofee bied baie goeie geleentheid vir die Windhoek Draught Welwitschias se wedstrydgereedheid en die opbou vir Namibië se 2023 Wêreldbeker-groep.”
Die Pumas, met Jimmy Stonehouse as hul direkteur van rugby, het Woensdag ’n oefenwedstryd in die Mbombela-stadion teen die Griffons met 47-17 gewen (rustyd 21-10).
Hul sewe drieë teen die Noord-Vrystaters is ’n gevaarteken vir die Namibiese span, met die flank Francois Kleinhans wat drie keer gaan druk het.
Die span van Mpumalanga begin die verdediging van hul Curriebeker premierliga-titel op 12 Maart teen die Bulle in Pretoria. Die Welwitschias open hul terugkeer (vir die eerste keer sedert 2018) na die Curriebeker eersteliga (nou die Mzanzi-uitdaagreeks) op 25 Maart met ’n wegwedstryd teen Grens Bulldogs.
Die Welwitschias se hoofafrigter, Chrysander Botha, sê die Pumas se kort toer behoort opwinding vir plaaslike rugbykykers te bring.
“Ons sien van die bestes van Namibiese en Suid-Afrikaanse rugby in aksie. Uit die oogpunt van ’n afrigter is ons vol vertroue dat hierdie vriendskaplike wedstryd ’n suksesvolle geleentheid bied vir ons plaaslike spelers om hul kleim op plekke in die Wêreldbeker-groep te begin afsteek.”
Airlink bedryf daagliks tot agt retoervlugte vanaf Johannesburg en Kaapstad na beide Windhoek en Walvisbaai, afgesien van ander binnelandse vlugte in Suid-Afrika wat ook bestemmings soos Livingstone (Zambië), Vilanculos in Mosambiek, St. Helena en Madagaskar insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie