Trustco seën Filistyne opnuut
Netbal, rugby
Trustco, die jarelange hoofborg van United-sportklub in Windhoek, het die Filistyne se netbal- en rugbyspanne met nuwe uitrusting ter waarde van ongeveer N$200 000 vir die 2023-seisoen bederf.
Behalwe die Bloues se nuwe netbal- en rugbyklere, sal Trustco bykomend N$385 000 vir 2023 borg.
Neville Basson van Trustco het by die aankondiging gesê: “Toe ons die bloudruk van United se suksesplan gesien het, het Trustco geweet dat as ons United opnuut ondersteun, hulle ’n gerekende klub gaan word.
“Met hul prestasies oor die jare in ag geneem, is ons trots op ons strategiese betrokkenheid by hierdie projek.”
Winmar Rust, voorsitter van United-rugby, het sy trots uitgespreek oor die klub se prestasies sedert Trustco sy hoofborg geword.
“Om verskeie derby-wedstryde teen Wanderers, ons aartsvyand te wen, en die NRU premierliga verskeie kere in te palm, was net ’n paar van die eerbewyse wat ons met Trustco se ondersteuning behaal het.
“United wil Trustco hartlik vir hul onwrikbare toewyding en geloof in ons bedank. Met Trustco se bystand verseker hulle dat ons met die nodige hulpbronne opnuut kan uitblink,” het die voormalige Filistyne-kaptein, stelskopper en staatmakerslot gesê.
Chantel Carstens, voorsitter van United-netbal, het eweneens haar dankbaarheid teenoor Trustco uitgespreek.
“Ons dra hierdie uitrusting soos ’n erewapen en het Trustco om te bedank. Ek wil Trustco die gerusstelling gee dat ons sal voortgaan om die werk op die netbalbaan te doen en julle trots te hou op ons kollektiewe handelsmerk,” het sy gesê.
United se rugbyspanne lyk inderdaad professioneel en windmakerig in hul nuwe truie en broeke wat dieselfde resultaat met puik spel op die rugbyveld lewer.
United se eerste span is tans die voorloper in die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga ná die eerste drie wedstryddae. Hulle het môreaand hul volgende tuiswedstryd (afskoptyd 20:15) teen FNB Unam – ’n immer gedugte opponent wat hom vanweë omstandighede tans in ’n herboufase bevind en wat binne twee weke van die topposisie tot vyfde teruggesak het, met die grootste deel van die ligaseisoen wat nog voorlê.
Die tweede spanne takel mekaar om 18:30 in die NRU reserweliga.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie