Tsumeb gasheer vir vierde tydren

Motrorsport
Ná komende naweek se aksie sal twee rondtes van die kampioenskapsreeks oorbly.
Tielman Van Lill
Die vierde rondte van die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap word Saterdag met tien spesiale sneldele (SS) by Tsumeb gehou.

Die 2023-kampioenskap sal in net ses kompetisies bepaal word. Ná die Tsumeb-tydren bied Redline-motorklub die vyfde rondte by die hoofstad aan en die sesde byeenkoms sal die Walvisbaai-motorklub opnuut by Swakopmund hou.

Beide die laaste twee tydrenne sal oor twee dae beslis word. Die Windhoek-byeenkoms vind op 20 en 21 Oktober plaas met sneldele wat uitstekend toeskouervriendelik sal wees. Die Swakopmund-tydren is vir 17 en 18 November geskeduleer.

Saterdagoggend se tydren begin tienuur en behoort net ná 17:00 by die ovaalbaan eindig.

Die stand van nasionale bestuurderskampioenskappunte is soos volg.

Motorklasse (S1, S2, S3, S4): 1 Wilro Dippenaar (S4, 75), 2 Pierre Röhm (S1, 55), 3 Zachary Martin (S2, 51), 4 Pieter Greeff (S1, 44), 5 Wido Bartsch (S2, 38), 6 Allan Martin (S4, 21), 7 Berto Mostert (S2, 21), 8 Jaco Redelinghuys (S4, 21), 9 Rolf Pretorius (S2, 17), 10 Paul Oosthuizen (S1, 14), 11 Michael Kotze (S3, 14), 12 Jannie Coetzee (S2, 0).

Veldvoertuie (CR1, CR2): 1 Loic Bathfield (CR1, 80), 2 Rian Kritzinger (CR1, 74), 3 Ekko Eikenberg (CR1, 65), 4 Werner Bartsch (CR2, 58), 5 Willie Schoeman (CR1, 23), 6 Ewald Bisschoff (CR1, 20), 7 Gert Liebenberg (CR1, 18), 8 Dirk Redman (CR2, 0), 9 Jacques Kruger (CR1, 0).

Tsumeb se sneldele en tye: SS 1 en 4 (10:07 en 12:14). SS 2 en 5 (10:30 en 12:34). SS 3 en 6 (11:01 en 13:06). SS 7 en 9 (14:55 en 16:50). SS 8 en 10 (15:16 en 17:14).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!