Tuisbly in 2023 is NSSU-netbal se voorland
Skolesport
Die vooruitsig van die gebruiklike erkenning en blootstelling in Suid-Afrika is in die weegskaal.
Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) het sterk teenkanting ontlok oor die omstrede voornemens dat geen netbalspanne soos gebruiklik aan die jaarlikse Suid-Afrikaanse provinsiale toernooi gaan meeding nie.
“Die redes hiervoor is suiwer finansieel van aard. Soos jy weet, is die NSSU in ’n penarie ná wat verlede jaar gebeur het en ons het geen geld beskikbaar om streek- of nasionale proewe aan te bied of spanne na Suid-Afrika te stuur nie,” sê die nasionale koördineerder, Roger Kambatuku, wat tussentyds onlangs aangestel is ná die skorsing van sy jarelange voorganger Sollie Duiker.
Volgens Kambatuku is vergaderings met die NSSU se netbalkomitee gehou waartydens tot die besluit gekom is om op grond van die finansiële werklikhede en uitdagings die fokus te plaas om binnelands huiswerk te doen en die sake van skolenetbal in Namibië te verbeter.
Die toere met netbalspanne na Suid-Afrika se All Ages-byeenkoms is in die meeste onlangse jare in die ouderdomsgroepe onder 12, o.13, o.14, o.15, o.16 en o.17 aangepak – wat uiteraard enorme finansiële eise stel.
“Hopelik kan ons hierdie jaar gebruik om sake in orde te kry. Ongelukkig is rugby tans die enigste NSSU-sportkode wat op koers lyk om vanjaar hul toernooie (o.13, o.16 en o.18) in Suid-Afrika te gaan bywoon, danksy rugby se vermoë om met medewerking van borge hul onkoste te dek.
“Indien borgskappe intussen ingewin kan word, sal ons met graagte netbalspanne ook op toer wil stuur.”
Die nadraai van Duiker se skorsing het die NSSU klaarblyklik ook nie in die goeie boekies van die Suider-Afrika streekliggaam vir skolesport (Cossassa) gehou nie.
“Netbal is nie die enigste sport wat benadeel word nie. Die atletiektoer na Cossassa in Lusaka is ook in die weegskaal,”sê Kambatuku.
O.17’s NA BOKSBURG
Die NSSU se aankondiging van ’n voorlopige nasionale o.17-netbaloefengroep vir ’n Afrika-skolekampioenskap in Boksburg (27-30 April) is boonop met ewe veel ontsteltenis begroet.
Geen proewe is aangebied om die o.17-oefengroep saam te stel nie, wat vir feitlik alle rolspelers ’n onaanvaarbare stand van sake is.
Klaarblyklik is nie veel verder gekyk as verlede jaar se o.16-spanlede nie, asook ’n klompie kwalifiserende individue (meestal van streke met kleiner getalle) wat onlangs by The Namibian Newspaper Cup (’n o.19-toernooi) raakgesien is.
Kambatuka sê die uitnodiging vir hierdie toer kon alleenlik oorweeg word omdat die gasheerland vir die verblyfkoste en etes instaan, met die NSSU wat net die vervoerkoste moet betaal.
HEROORWEEG OPLOSSINGS
Kambatuku het geskerm dat sy kantoor in die proses is om te reageer op die hewige skriftelike protes wat Windhoek Gimnasium verlede week oor beide kwessies aan die NSSU gerig het.
In Gimnasium se brief, onderteken deur die sportkoördineerder Alta van Zyl, word uitgewys dat dit onregverdig is dat soveel netbalspelers die kans ontneem word om op ’n internasionale vlak mee te ding vanweë een vorige NSSU-koördineerder se foute.
“Die nasionale proewe en uiteindelike toere is ’n hoogtepunt vir groot getalle meisies in Namibië en hulle werk hard om dié drome te verwesenlik. Skole maak staat op hierdie prestasies om aan hul leerders halwe of volle erekleure toe te ken.
“Streke word net toegelaat om elk sewe spelers te bring. Dit is ’n klein getal in vergelyking met byvoorbeeld rugby. Met die gebruik van regeringsbusse en staatskoshuise is die koste nie uitermatig nie.
“Vanjaar se o.15-spelers verdien spesiale vermelding. Hulle was o.12 toe Covid alles vir twee jaar ontwrig het en verlede jaar het die NSSU vir die eerste keer besluit om nie nasionale proewe aan te bied nie. Hulle is die toekoms en verdien blootstelling in die SA toernooi.
“In die lig van bogenoemde versoek ons u kantoor om die besluit te heroorweeg en om wel behoorlike nasionale proewe in alle ouderdomsgroepe (of minstens sommiges) te reël. Word alle sporte konsekwent behandel, of gaan ander kodes ook nie proewe hou nie? Hierdie besluite plaas die NSSU in ’n baie swak lig, wat die ontwikkeling van netbal onder die jeug betref.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie