Twee by Strandspele in aksie
Phillip Seidler, Namibië se oopwaterswemmer wat 16de by die 2021 Olimpiese Spele in Tokio was, het gister vertrek na die Afrika Strandspele in Hammamet, Tunisië, wat vanaf môre tot 29 Junie plaasvind. Sy landgenoot Suzelle Pronk, ’n karate-atleet wat vir die senior vroue se kata ingeskryf is, het vroeër die week reeds vertrek. Dié twee is die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee se enigste kwalifiserende verteenwoordigers. Seidler sal komende Dinsdag aan die 5 km oopwaterswemkompetisie deelneem. “Dit sal my eerste deelname aan die Afrika Strandpele wees. Ek is altyd baie opgewonde en bevoorreg om my land te verteenwoordig. Ek het ’n goeie span gehad wat bygedra het dat ek goed voorbereid is. Ek sien beslis daarna uit om die hele ervaring te geniet,” het Seidler aan ons verslaggewer Mariud Ngula gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie