Jaythen Orange is gister as speler van die wedstryd teen Grens Platteland aangewys. Foto verskaf
Jaythen Orange is gister as speler van die wedstryd teen Grens Platteland aangewys. Foto verskaf

Tweede sege by Grant Khomo-week

Skolerugby
Andrew Poolman
Namibië se o.16-rugbyspan was gister op wedstryddag 2 van die Grant Khomo-week te sterk vir Grens Platteland, met ’n oorwinning van 45-19 by Hoër Landbouskool Boland in Paarl.

Windhoek Hoërskool se slot Jaythen Orange, wat twee drieë gedruk het, is as speler van die wedstryd aangewys.

In ’n sterk vertoning deur die voorspelers het Orange die oog gevang, net soos spanmaats soos die losvoorspelers Russell Bartlett (Tsumeb Gimnasium), Vincent Scholtz (Windhoek Gimnasium) en Buhlem Oelofsen (Berg-Op Akademie), asook die toerkaptein Pieter-Jan Strydom (WHS), wat van die bank af gespeel het nadat hy as speler van die wedstryd in die openingsege van 12-10 oor Zimbabwe aangewys is.

Oelofsen, heelagter FJ Fourie, stut Jurick van der Berg (albei Tsumeb Gimnasium), linkervleuel Dirk Farmer (Windhoek Gimnasium) en skrumskakel Adriaan Boonzaaier (Walvisbaai PHS) was die ander Namibiese driedrukkers, terwyl losskakel JD Meintjies (Windhoek Gimnasium) vyf verdoel het.

Dertien minute ná rustyd was Namibië met 38-0 voor, voordat hul teenstanders in ’n vrugbare tydjie drie drieë gedruk het.

ONDER 13’S LEER ’n LES

Nadat hulle die vorige dag Grens Platteland oorheers het (28-12), is die Namibiërs gister by die onder 13 Cravenweek in Pietermaritzburg deur ’n veel swaarder en vaardiger Oostelike Provinsie oorskadu.

Die rooi-en-swart truie was met 38-0 baas, nadat hulle rustyd met 17-0 voor was.

Senter Le-Roy Basson (St. Joseph) is tydens die laaste beweging in ’n mislukte duikslag beseer en het die veld op ’n draagbaar verlaat, terwyl die haker Zaylin van der Colff ook by die beseringslys gevoeg kan word.

Vandag is ’n rusdag vir beide die o.13’s en o.16’s, voor hul volgende wedstryde môre en Vrydag teen teenstanders wat teen druktyd nog nie bekend was nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!