Uganda en Zim daag vrouespan uit
Krieket
Zimbabwe is gerieflik die hoogste op die ranglys en sal die span wees wat geklop moet word.
Die Capricorn Eagles, Namibië se nasionale vrouekrieketspan, kom vandag om 14:30 by die CCD-veld in Pionierspark teen Zimbabwe te staan.
Die eerste bal van die Capricorn driehoekige internasionale T20-reeks word vanoggend om 09:00 tussen Uganda en Zimbabwe geboul.
Die geskiedkundige reeks teen twee hoog gerekende opponente bied die Vroue-Eagles die ideale geleentheid om hul posisie op die Internasionale Krieketraad (ICC) se T20-wêreldranglys ’n hupstoot te gee.
Die Namibiërs onder afrigterskap van Francois van der Merwe bevind hulle tans in die 21ste posisie, terwyl Zimbawe elfde en Uganda se SheCranes 19de geplaas is. Tanzanië (18de) is ’n kortkop voor Uganda, met Suid-Afrika (vyfde) as die onbetwiste voorste Afrika-span.
Spankaptein Irené van Zyl en haar maats sal drie keer teen elk van die twee toerspanne kragte meet, alvorens die eindstryd volgende Dinsdag om 14:00 by dieselfde venue aan die beurt kom.
Mnr. Johan Muller, hoofbeampte van Krieket Namibië, sê: “Wat ’n voorreg om die eerste driehoekige reeks vir vroue in Namibië aan te bied.
“Ons bedank die Capricorn-groep vir hul volgehoue steun aan ons vrouekrieketprogramme. Die Capricorn-groep is nie net die hoofborg van ons Capricorn Eagles nie, maar ook van hierdie reeks.
“Om vrouekrieket op beide voetsoolvlak en internasionale vlak te bevorder, is een van Krieket Namibië se strategiese doelwitte. Die aanbieding van hierdie reeks waarin ons die gasheer is vir twee van die topspanne van die Afrika-kontinent, is ’n voorbeeld van die verwesenliking van ons doelwit.
“Ek wil Zimbabwe en Uganda bedank vir hul verbintenis tot die toernooi. Sterk verhoudings tussen Afrika-lande hou die sleutel vir die ontwikkeling en vordering van die spel. Ons nooi die Namibiese gemeenskap om hierdie wedstryde en veral ons Capricorn Eagles te ondersteun.”
Martin Ondeko, hoofbeampte van die Ugandese Krieketvereniging, sê: “Ons is opgewonde oor die kans om in Namibië te speel. Uganda pak die toernooi aan met die hoop om op ons vroue se huidige 19de posisie te verbeter.
“Terwyl ons vir T20-kwalifisering volgende jaar voorberei, bied die toernooi ’n goeie platform vir Uganda se vroue om ons vordering te meet ná meer as ses maande sonder enige internasionale krieket.”
Caroline Nyamande, spanbestuurder en koördineerder van Zimbabwe, sê: “Ons is opgewonde oor dié reeks as deel van ons voorbereiding vir die ICC Wêreldbeker-kwalifisering later vanjaar en die eerste ICC T20-Wêreldbeker vir o.19-vroue volgende jaar.
“Zimbabwe se span kombineer ervaring en ’n paar o.19-spelers wat tans opgang maak. Ons is dankbaar vir die uitnodiging en vol vertroue dat ons volsterkte span die viere en sesse en al die opwinding wat met die T20-weergawe van die spel kom, sal lewer.
“As ons nuwe nasionale afrigter is Gary Brent gretig om die span te lei. Die grootste deel van die span is behou wat in November gasheer vir die kwalifiserende toernooi vir die ICC se T20-Wêreldbeker was.”
Al die wedstryde sal op Cricket Namibia se Facebook-blad uitgesaai word en kan ook op Women’s CricZone sosiale media gevolg word.
Die Capricorn Eagles-span: Irené van Zyl (kaptein), Yasmeen Khan (paaltjiewagter), Suné Wittmann, Arrasta Diergaardt, Kayleen Green, Adri van der Merwe, 7 Wilka Mwatile, Victoria Hamunyela, Didi Foerster, Mekelaye Mwatile, Mezerly Gorases, Edelle van Zyl, Shiomwenyo Namusha, Sylvia Shihepo.
Uganda: Kevin Awino (paaltjiewagter), Leona Babirye, Janet Mbabazi (onderkaptein), Consylate Nimungu (kaptein), Rita Musamali, Naome Kayondo, Abdallah Jimia (14 jaar), Phiona Kulume (17), Rita Nyangendo, Susan Kakai, Shakirah Sadick, Everlyne Anyipo, Patricia Malemikia, Arnold Otwani (19).
Zimbabwe: Mary-Anne Musonda (kaptein), Ashley Ndiraya, 3 Precious Marange, Pellagia Mujaji, Michelle Mavunga, Modester Mupachikwa (paaltjiewagter), Kelies Ndhlovu, Anesu Mushangwe, Sharne Mayers, Francisca Chipare, Loryn Phiri, Nomvelo Sibanda, Josephine Nkomo, Nyasha Gwanzura, Chipo Mugeri Tiripano.
Kompetisieprogram (alles by CCD Tigers):
Vandag: 09:30 Uganda teen Zimbabwe. 14:30 Eagles tn Zimbabwe.
Môre: 09:30 Eagles tn Uganda. 14:30 Uganda tn Zimbabwe.
Saterdag: 09:30 Eagles tn Zimbabwe. 14:30 Eagles tn Uganda.
Sondag: 09:30 Uganda tn Zimbabwe. 14:30 Eagles tn Zimbabwe.
Maandag: 14:30 Eagles tn Uganda.
Dinsdag: 14:00 eindstryd tussen die spanne met die meeste punte.
– Bygewerk van www.cricketnamibia.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie