Simon Ssesazi (60 van 50 balle) was Uganda se speler van die wedstryd teen Kenia.
Simon Ssesazi (60 van 50 balle) was Uganda se speler van die wedstryd teen Kenia.

Uganda op die rand van Wêreldbeker

Krieket
Andrew Poolman
Die laaste wedstryddag van die Afrika-uitduntoernooi vir volgende jaar se ICC T20 Wêreldbeker behoort vandag met ongekende feesvieringe vir Uganda gepaard te gaan, wat vir die eerste keer ’n senior wêreldtoernooi in krieket kan haal.

Al wat Uganda hoef te doen, is om die laagste gerekende span Rwanda vanoggend by Wanderersveld te klop.

Die Ugandese, wat reeds die reuseskok gelewer het om die toetsspelende land Zimbabwe te verslaan, het gister twee ewe deurslaggewende ligapunte verseker deur sy buurland Kenia te oorskadu.

Uganda het 162/5 opgestel (Simon Ssesazi 60 van 50 balle, met vyf viere en twee sesse; Dinesh Nakrani 40 nie uit nie van 23 balle, 6x4). Kenia het dadelik aanvallend begin kolf, maar Uganda het tydige deurbrake gemaak om hul aanslag op 129 almal uit (19 bb) te beëindig en met 33 lopies te wen.

Zimbabwe se laaste wedstryd teen Kenia vanoggend (09:30 by United) sal steeds vurig betwis word. Die twee spanne is tans gelyk met ses ligapunte elk, teenoor Uganda se agt.

Die onoorwonne Namibiese Richelieu Eagles, wat reeds hul WB-plek na die VSA en Wes-Indië bespreek het, sluit vanmiddag hul toernooi teen Nigerië af (14:30 by Wanderers).

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!