Uithourit buite Hentiesbaai ’n treffer
Perdesport
Die Windhoek Uithouritklub (WERC) het op 20 April ’n uithourit by Hentiesbaai aangebied waar 80 perde en hul ruiters van regoor Namibië deelgeneem het. Hiervan was 22 kinders.
“Om te kan perdry in die wye, afgeleë vlaktes van die Namibwoestyn hou vir vele Namibiese sowel as internasionale ruiters ’n spesiale bekoring in. Die Hentiesbaai-uitdaagrit word in die sagte stilte van die woestyn gery, langs die malende branders met sy duisende seevoëls, die steil strandduine waardeur perde en ruiters moet worstel. Dit hou tog ’n spesiale bekoring vir ruiters en hul families in,” skryf die klub in sy verslag.
Die organiseerders De Wet en Franzi Marais, dr. Henning du Toit, Albie Smith en Leon van Zyl het ’n fantastiese roete gekies met vyf bane langs die see asook deur die wit vlaktes om die dorp.
Die roetes was veral tegnies uitdagend en het moeilike dele ingesluit waar die ruiters werklik moes kophou om hul perd ten volle te benut en nie die dier te ooreis nie.
Die kompetisie was oor twee dae gehou om meer ruiters die geleentheid te bied om deel te neem. Bianca Jacobs (liggewig, onder 75 kilogram) op Hurst Oman en No-Name het beïndruk. Sy het op beide dae die 104.5 km ren op dié volbloed Arabierperde oorheers.
Hadrian du Toit (jongruiter) het die 104.5 km op Charlottenberg Chishtaban met ’n gemiddelde spoed van 18.75 km per uur opgeraap. Sy volbloed Arabier het ook die prys vir die bes gekondisioneerde perd gewen.
Jan Meeser seëvier met Daybreak Jooste in die standaardgewigklas (75-95 kg) oor 104.5 km. Jan Meeser en Bianca Jacobs is topruiters met menige internasionale titels agter die blad.
By die kinders het Liané Bagot-Smith haar 104.5 km-rit op Hurst Trinidad gewen met Elbi en Elani Potgieter (’n tweeling) op Hurst Natal en Hurst Tariq kort op haar hakke. Die trio kom uit die bekende Hurst Arabierstoetstal van Jan Fourie op Otjiwarongo.
“Ons bedank al die Hentiesbaaiers en die organiseerders van WERC vir ’n wonderlike kompeterende rit,” lees WERC se verklaring.
Die rit is moontlik gemaak deur die steun en verwelkoming van die Hentiesbaai-dorpsraad, naamlik mnr. Lewies Vermaak en sy span. Mnr. Henk Burger het sy perseel beskikbaar gestel om al die perde en besoekers te huisves, asook die ritbasis met alle beamptes. Die afsluitingsfunksie by die kusdorp se gholfklub was ook ’n genotvolle geleentheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie